Share

Karlose spietkops moet agter motors aanhol

Nie eens Usain Bolt hardloop vinnig genoeg om ’n motor in te haal nie, maar dit is wat van die verkeerspolisie op Musina verwag word.

Die verkeerspolisie van dié dorp in Limpopo moet deesdae hul werk te voet doen omdat hulle nie meer voertuie het nie.

City Press, Rapport se susterkoerant, het die afgelope week ses verkeerspolisielede teëgekom wat onder ’n boom in die middedorp van Musina sit, beurte maak om motors te probeer keer en dan agter die motors aanhardloop wat nie stilhou nie.

“Chief, dié motoriste weet deesdae ons het nie motors nie, so hulle stop net nie meer vir ons nie,” het een gesê.

“Ons hardloop agter hulle aan en hoop hulle sal dalk in die verkeer vassit sodat ons hulle kan inhaal.

“Ek soek ’n ander werk, ek kan nie so werk nie.

“Dis ’n grap. Ons het drie maande laas motors gehad. Toe het ons vier motors gehad, maar hulle is almal weggestuur om reggemaak te word.

“Dis ’n ernstige saak. Hoe reageer jy op ongelukke as jy nie ’n motor het nie?

“Daar is gereeld ongelukke en ons kan nie help nie. Dit is regtig ’n treurige storie.

“Ek verneem ons sal eers in die nuwe boekjaar motors kry.”

Wilson Dzebo, munisipale woordvoerder, het bevestig drie van Musina se verkeerspolisievoertuie het onklaar geraak en die ander was in ’n ongeluk.

“Hulle patrolleer nou die strate te voet omdat ons ’n ernstige tekort aan motors het. Patrollering is in elk geval deel van hul pligte.

“Ons sal volgende maand, aan die begin van die nuwe boekjaar, vier nuwe motors koop.”

Volgens Dzebo het hulle intussen drie motors gehuur om die druk te verlig.

Maar ’n verkeerspolisielid sê sy het dié motors nog nie met ’n oog gewaar nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 460 votes
No! It's time to move on ...
36% - 254 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.0%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,332.01
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE