Share

Malema soek 80% van wit grond

Die ANC-jeugliga wil 80% van alle grond in wit besit hê vir die swart meerderheid, het mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, gister voor honderde jeugdiges en werkloses in die Diepsloot-township, noord van Johannesburg, gesê.

Malema het steun gewerf vir die jeugliga se massa-optogte Donderdag en Vrydag in Johannesburg en Pretoria.

Hy het gesê al wat hulle gelukkig gaan maak, is as hulle (wit monopolie-kapitaliste) “hul grond en rykdom aan ons oorhandig”.

“As jy 1?000 ha grond het, wil ons 800 ha daarvan hê. En ons gaan nie daarvoor betaal nie, want ons het nie geld nie.

“As hulle my in die tronk wil gooi omdat ek vra wat aan ons behoort, kan hulle dit maar doen.”

Volgens Malema sal hy ook nie eens antwoord op die strafregtelike klag wat AfriForum teen hom ingedien het nadat hy Woensdag sou gesê het dat mense grond moet afvat nie.

Intussen glo ANC-leiers dat die ANC-jeugliga en sy politieke vennote die optogte na die Kamer van Mynwese, die JSE en die Uniegebou wil gebruik om regime-verandering in die ANC te eis.

’n Senior bron by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, sê die optogte is versigtig georkestreer om munt te slaan uit die woede van arm mense in informele nedersettings in Gauteng.

Me. Winnie Madikizela-Mandela word as ’n kernvennoot van die jeugliga gesien omdat sy na bewering hard in die townships, waar sy groot aanhang geniet, steun gewerf het vir die optogte.

Sy was nie gister beskikbaar vir kommentaar nie.

Malema hou vol die optogte is gemik teen armoede, werkloosheid en in belang van grond- en daklose mense en informele nedersettings.

Hy het in Diepsloot gesê daar word gesê dat hy die ANC of pres. Jacob Zuma se regering omver wil werp wanneer hy oor bogenoemde praat, maar dat dit nie die geval is nie.

’n Bron sê Malema weet hy gaan geskors word en gebruik die optogte as ’n dreigement “dat daar chaos sal wees as ek geskors word”.

Die beplande optogte blyk erge verdeeldheid in die regerende alliansie te veroorsaak, met veral die SAKP-leier, dr. Blade Nzimande, sy jeugvleuel, en mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, wat dit veroordeel, terwyl Cosatu dit uit beginsel wil ondersteun.

Die SAKP se Jong Kommunisteliga hou egter van Woensdag tot Vrydag ’n aparte beraad oor werk vir jeugdiges in Midrand, wat onder meer deur Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe, talle senior ministers en vakbondgrootbase toegespreek gaan word.

Intussen is die beplande optogte ook Donderdag erg deur sprekers by ’n beraad van die onderwysersvakbond Sadou in Durban gekritiseer, berig Sapa.

Afgevaardigdes het liedere gesing en daarop gesinspeel dat as die jeugliga teen Zuma wil protesteer, “sal daar moeilikheid wees”.

Mthethwa het daar gesê die jeug­liga speel op arm mense se gevoelens.

Dit kom nadat Malema luidens die dagblad The Times Woensdag in Thembelihle, in die suide van Johannesburg, gesê het: “Ons sien net die beloofde land van melk en heuning op televisie.

“Ons sien dit deur te kyk na mense met boeppense. Ons wil ook soos dié wit mense lewe.”

Intussen sê die polisie hy is slaggereed vir dié week se optogte.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 561 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 807 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE