Share

#Mangaung se Twitter(n)asie

Die ANC-president het dalk dieselfde gebly, maar die manier van dinge doen by ’n ANC-konferensie het onherroeplik verander danksy Twitter.

Twiet vir verandering. Twiet as jy dink jy’t Julius Malema gewaar. Twiet as buikspraakpop Chester Missing skielik langs jou met ’n ANC-baas skoor soek. Twiet net.

As jy nie die afgelope week in Bloemfontein by die ANC se nasionale konferensie die belangrikste twietkoppe by die Twitter-hakkie #ANC2012 of #Mangaung gevolg het nie, het jy nie geweet wat aangaan nie. Al het jy heeldag in die son op die grond tussen die kolk kaders in groen en geel gesit - sonder Twitter sou jy eenvoudig nie in die loep gewees het nie.

Selfs Kgalema Motlanthe, verslane ANC-leierskandidaat, het ’n Twitter-oomblik gehad toe hy Greg Nicholson van die Daily Maverick se kamera vra en van hóm ’n foto geneem het. Die onderskrif op Twitpic toe nogal “foto deur adj.pres. Kgalema Motlanthe”.

En die oomblik toe Dren Nupen van die verkiesingkommissie in die hittige tent aankondig pres. Jacob Zuma het 2983 (uit 4076) stemme, het al wat elmboogspasie het, vurig resultate begin twiet.

Deurentyd het die nou onsuksesvolle Forces of Change @SaveANC Mangaung ingelig gehou oor hul veldtog om Zuma te verslaan. Die afvalliges het kaders se twiets vanuit die geslote sessies hertwiet, net ingeval jy nie ook vir Moeketsi Moleme van Welkom of Sthandiwe Khumalo van Johannesburg volg nie.

@MyANC se “ANC Info Feed” het deur die loop van die dag hoogtepunte getwiet, oop sessies aangekondig, en gesê wanneer die volgende perskonferensie sou aanbreek - voorafgenoemde so skaars soos hoendertande.

Prof. Susan Booysen van Wits, SAUK-kenner op die toneel, het aan Rapport gesê sy het nie ’n profiel op Twitter nie wat verklaar waarom sy in die duister was oor perskonferensies.

Strydrosse in die politieke joernalistiek soos Paddy Harper van Rapport se susterskoerant, City Press, en Nic Dawes, redakteur van Mail & Guardian, het geskryf dat die dek van ANC-kongresse in die tyd van die moderne aanlyn-joernalistiek onder meer tot ineenstortings kan lei.

Ebrahim Fakir van die verkiesingsinstituut vir volhoubare demokrasie in Afrika (Eisa) en eNCA-kommentator in Bloemfontein glo Twitter het toegang tot inligting vergemaklik.
“Dit het net nie meer insig, akkuraatheid of beter begrip (van verrigtinge) verskaf nie,” het hy bygevoeg.

Twiets oor Mangaung

* Zackie Achmat @ZackieAchmat
Goed hy weier die NUK maar #Manuel weet wanneer om te spring. Wapentransaksie verdedig. Stil oor MIV. Misluk oor korrupsie. #Mangaung

* Michael Jordaan @MichaelJordaan
Teenoorgestelde van die jeugloonsubsidie? “@Ryk_van_Niekerk: SA kry welsynstelsel om werklose jeug by te staan. R450/maand. Koste: R30bn. #Mangaung”

* ANC Info Feed @MyANC_
Amper goeiemiddag, comrades, binnekort bring ons die verkiesingsresultate, so bly ingeskakel. #Mangaung

* Forces Of Change ?@SaveANC
NW en VS-afgevaardigdes kry verskillende kleur stembriewe... is dit ’n teken van erkenning dat die prosesse onregmatig is? #Mangaung

* Shaka Sisulu ?@shakasisulu
Om binne in #Mangaung verrigtinge te wees en @ewnreporter se twiets daaroor te lees is soos iemand wat jou sê wat onder jou bed is. Jy kyk. Twee keer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 397 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 823 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.71
+0.5%
Rand - Euro
20.37
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
940.50
-1.0%
Palladium
1,026.50
-0.3%
Gold
2,390.34
+0.5%
Silver
28.54
+1.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE