Share

Meisie se grusame dood word ’n ‘onopgeloste misdaad’

Die ondersoek na die gru-moord waarin ’n 17-jarige skoolmeisie se hande afgekap is nadat sy seksueel aangerand en gemartel is, gaan nou in die polisie se stowwerige lêer vir onopgeloste misdade beland.

Die moordenaar van Anika Smit het spoorloos verdwyn.

Maar die saak sal altyd spook by kapt. Mike van Aardt, die stil, donker ondersoekbeampte wat ’n bekende gesig geword het vir kykers wat die Oscar Pistorius-verhoor op TV volg.

“Dit pla my verskriklik, want dit is iets wat ek net nie kan oplos nie. Haar moordenaar is ’n seksuele sadis wat presies geweet het wat hy doen. Dit is nie die werk van ’n amateur nie en daardie siek mens is steeds daar buite,” sê Van Aardt.

Vir Johan Smit, Anika se pa, is die gesig van sy lewelose, verminkte enigste kind “met yster uit die hel” in sy geheue ingebrand.

“Ek sal tot die dag dat ek in my kis lê haat in my hart hê,” sê Smit (58).

Dis net meer as vier jaar gelede dat Anika op 10 Maart 2010 in haar slaapkamer in haar ouerhuis seksueel aangerand en gemartel is voordat sy gewurg en met ’n mes doodgesteek is. Daarna het haar moordenaar haar hande afgekap.

’n Geregtelike ondersoek word nou in die landdroshof in Pretoria-Noord gehou. Dit is die laaste stap voordat die polisie dié dossier as net nog ’n onopgeloste moord kan afsluit.

Die dood van sy lieflingdogter het haar pa vernietig.

“Dit is nie net my kind wat vermoor is nie. Haar moordenaar het ook ’n stuk van mý doodgemaak. Ek sal nooit die voorreg hê om my kind met haar troue weg te gee of eendag my kleinkinders te kan geniet nie,” sê Smit, die trane vlak in sy oë.

Sy Tikkie, Anika se bynaam, het nooit ’n pak slae gekry nie. Sy was ’n soet en gehoorsame kind.

“Wat kon sy gedoen het om te regverdig dat ’n siek bliksem haar herhaaldelik teen die kop slaan, haar neus breek en haar ses keer met ’n mes steek?” sê-vra hy.

Smit het nie vriende nie en wil nie in die kerk kom nie. Ondanks berading wat hy ná die moord ontvang het, kry hy dit nie reg om vrede in sy hart te kry nie.

“Dit vreet my. Haar moordenaar is nog daar buite. Party dae voel dit asof ek van my kop af gaan raak.”

Om net te kan kophou en sy gevoelens te verwoord, het Smit ’n boek oor Anika geskryf.

Daarin skets hy die mooi herinneringe en vertel hy haar hoe jammer hy is dat hy nie daar was om haar in haar laaste ure te beskerm nie.

“Ek is vol selfverwyt. Daar is mense wat sê ek moet haar moordenaar vergewe. Dit agter my sit. Ek kan nie. Sommige dae is ek bang vir myself. Dan maal dit by my hoe sy moes gevrees het toe sy aangeval is. Wat met haar gebeur het, is ’n boosheid.”

Smit voel die polisie het vergeet van sy dogter se saak sedert Van Aardt na die Pistorius-ondersoek oorgeplaas is. ’n Sersant is aangewys om Anika se saak te ondersoek.

Hy meen ook die ondersoek is swak gehanteer voordat Van Aardt oorgeneem het.

“Ek volg Oscar se saak en het ook die Inge Lotz-saak gevolg. Ek sien hoe word daar gehamer op die forensiese ondersoekwerk. Die aand nadat ek op Anika afgekom het, was daar 10 polisielede in en uit my huis. Hulle het ook niks afgesper of beskermende klere gedra nie. Hoe sal ons ooit weet of bewysstukke nie reeds daardie nag só tot niet is nie?” vra Smit.

Van Aardt sê hy het elke ander saak landwyd wat hy kon opspoor waarin ’n slagoffer se ledemate afgesny is, nagegaan vir leidrade. Die hulp van profielopstellers is ingeroep in die soeke na antwoorde.

“Daar is net niks. Daar is niks soortgelyks nie,” sê hy.


Anika Smit
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1009 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1050 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.6%
Rand - Pound
23.93
-0.6%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
913.00
-0.8%
Palladium
1,007.50
-1.8%
Gold
2,323.00
+0.0%
Silver
27.24
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE