Share

Nee vir die ‘army’

’n Duidelike “nee” vir die army het die afgelope week opgeklink uit die monde van mense van Lavender Hill en ander gebiede op die Kaapse Vlakte wat sat is vir die bende-oorlog waarin 23 mense die laaste ses weke dood is.

Slagoffers, gemeenskapsleiers en ’n vreeslose lid van die Mongrels-bende meen almal die versoek van Helen Zille, Wes-Kaapse premier, om die weermag op die Vlakte te ontplooi, is nie ’n oplossing nie.

Dit kom nadat Nathi Mthethwa, minister van polisie, Zille se versoek Donderdag ná ’n besoek aan bende­geteisterde gebiede afgeskiet het.

Weerstand teen die weermag, wat ook in Desember daar ontplooi is, is hardnekkig, ondanks vrese dat outomatiese of semi-outomatiese wapens in die hande beland het van bendes soos die Junky Funky Kids, 28’s, die Mongrels, Americans, Laughing Boys, Ghettos en Corner Boys.

In die berugte Parkin-woonstelle in Lavender Hill is vier gesinne die laaste ruk deur bendegeweld geraak. ’n Lid van elk is raak geskiet.

“‘T-rr-rrr!’ het die gun gemaak. Dit was nie ’n normal gun nie en my kleinkind se maag, derms is stukkend geskiet,” sê ’n bejaarde vrou wie se 14-jarige kleindogter in November erg gewond is. “Sy gaan anonymous bly, want ons is baie bang die bendes lees ons het uitgepraat.”

In dieselfde gebou skop die 58-jarige ouma van Jezlin Senkamu (3) vas teen soldate op straat. Jezlin is aan ’n rolstoel gekluister nadat haar ruggraat verlede jaar in ’n bendeskietery deur ’n dwaalkoeël vergruis is.

Sy huil vir enige harde geluid.

“Die army was al hier, maar het niks uitgerig nie en die polisie moet hul job doen en die drug lords vasvat,” sê sy.

“Pagad is the only solution! Hulle het die gangs goed laat skrik.”

Haar buurman, Jeffrey de Wee, is op 23 Junie hier doodgeskiet en die koeël wat sy nefie Dennis (12) getref het, sit nog in die kind se arm.

Nog ’n buurman, Romano Noble (23), is verlede Saterdag ernstig gewond in ’n skietery tussen die Corner Boys en die Mongrels. Weens sy beserings “sal hy altyd ’n pee-sakkie moet dra”, sê sy ma, Patricia Swartz.

Sy weier dat haar vyf kleinkinders buite speel, want bendes het die speelparkies en binnehowe oorgeneem.

Dis oorlogvelde.

“Ek ken die Here. Hy en nié diearmy nie sal kan help,” sê Swartz.

Shamiela McKenzie, wie se agtjarige boetie, Junaid, verlede week in Steenberg dood is toe ’n bendekoeël hom in die kop getref het, stem saam.

“Nie die minister van polisie of die army sal Junaid terugbring nie.”


‘Soldate is nie reg opgelei nie’

Hanif Loonat, Wes-Kaapse voorsitter van die gemeenskapspolisiërings­forum (GPF), sê die weermag is nie opgelei om bendebedrywighede te polisieer nie. “Dwelmhandel is die bendes se inkomste. Hulle gaan nie terugsit nie, hulle gaan terugbaklei.”

Clive Jacobs, ’n gemeenskap-aktivis in Steenberg, sê soldate sal net korttermynverligting bring. “Hulle ken nie die bendelede by die naam nie en sal net skiet, dan beland onskuldige inwoners in die kruisvuur.”

Bendes: ‘Dit kan complicated raak’


Die Mongrels- en Junky Funky Kids-bende van Lavender Hill het Donderdag ’n week lange skietstilstand gesluit. Volgens ’n Mongrel-leier gaan bendeoorloë nie oor “turf” (grondgebied) of dwelms nie, maar eerder “jare lange grudges tussen gangs”. Hy is “spyt oor die public en ook kinders seerkry”.

Nog ’n bendelid sê: “As die army in die areas kom, kan dinge net complicated raak.?Ons soek ook peace, maar dan moet al die gangs saam decide.”

Waar kry die bendes hul wapens?

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie het die afgelope jaar verskeie outomatiese aanvalsgewere by bendes gekonfiskeer. 30 onwettige vuurwapens word weekliks gekonfiskeer. Dit is onder meer danksy die openbare-orde-polisie wat in bendegeteisterde gebiede ontplooi is.

’n Bron na aan die polisie sê R5-aanvalsgewere was onder die 59 wapens wat in 1998 by die SAKK-bataljon in Faure deur rowers gebuit is en nou in bendebesit kan wees. Ander wapens is moontlik deur korrupte polisielede aan bendelede verkoop.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 492 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 522 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE