Share

Omgee kom van binne

Dis nie of Jordan van der Walt (12) ál sy jeugdige energie daaraan bestee om die wêreld te red en honger mae te vul nie.

Rugby, videospeletjies en sy troetel-tarantula moet darem ook aandag kry.

Maar so bekend is dié Johannesburgse tiener vir die liefdadigheidswerk wat hy doen sedert hy tien jaar oud is dat prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, hom gevra het om duisende studente en volwassenes op die UV se Desember-gradeplegtigheid toe te spreek.

Dit was dié seun, ’n produk van ’n gegoede huis en die spog-voorbereidingskool St. John’s College in Houghton, wat in Bloemfontein verkondig het: Vind dit in jou hart om ander mense te help.

Ondanks Ma Lynn se aanvanklike raad dat sy voorstel dalk te volksvreemd sal wees vir dié tradisievaste skool, het Jordan as tienjarige na sy skoolhoof, Patrick Lees, gegaan en gevra waarom die skool jaar ná jaar paaseiers versamel wat onder minderbevoorregte kinders uitgedeel word.

Is mieliemeel dan nie beter nie, wou Jordan weet
.
Sy idee het groot byval gevind; nie net by Lees nie, maar ook by sy mede-leerlinge en leerlinge van nog 50 skole, asook organisasies en sakeondernemings. Tot dusver is 100t mieliemeel ingesamel wat onder meer as ’n miljoen kinders en bejaardes versprei is.

’n Groep bestuurders van 20 insleepvoertuie het met loeiende sirenes en flitsende ligte hul mieliemeel by die skool kom aflewer.

“’n Inwoner van ’n ouetehuis het ’n klein pakkie mieliemeel gestuur,” vertel Lynn. “Dit is al wat sy kon bekostig, maar sy wou ’n bydrae maak. Dit het my diep geraak.

“Die nood is baie groot,” voeg sy by. “Toe die insameling bekend raak en Jordan op radiostasies begin praat, is die skool oorval deur oproepe van mense wat mieliemeel gesoek het.”

Die skool het aanvanklik net aan die welsynorganisasies geskenk wat hy reeds steun, maar soos die veldtog momentum opgebou het, is nog organisasies betrek.

Jordan is onlangs met die In- yathelo-filantropieprys vir kinders vir sy Just One Bag-veldtog beloon. Kort daarna het Jansen gevra of hy ’n spreker op die universiteit se somer-gradeplegtigheid wil wees. Hy moes sy toespraak twee keer lewer, eers voor ’n gehoor van 800 en daarna voor 2?000 mense – iets wat verskeie volwassenes sou laat stotter, maar nie hierdie donkerkopseun nie.

En Jordan reken Jansen is “baie cool”. “Toe ons daar aankom, het hy na my gestap, met die hand gegroet en toe sê hy ons moet hierdie ‘ou mense’ agterlaat. Toe wys hy my die kampus, neem my na sy kantoor en gee my ’n koeldrank.”

In sy toespraak, wat Jordan met die hulp van Lees voorberei het, verwys hy na sy skool se leierskapprogram, wat op diensvaardigheid gegrond is.

“My Just One Bag-projek is gebore omdat ek ’n gevoel in my hart gehad het. As dit kom by mense help, is dit belangrik dat daardie gevoel van binne kom, anders is dit sinloos.

“Ek het na ’n program oor kinders in Suid-Afrika gekyk wat honger ly en ek was hartseer. Ek wou iets daaromtrent doen. Met die hulp van baie mense kon ons vandag al meer as ’n miljoen mense voed.

“Ek wil seker maak dat my veldtog voortgaan sodat die mense wat daardeur bedien word, eendag ander van diens kan wees.”

En die antwoord op die vraag wat alle grootmense aan kinders vra? “Ek wil regte studeer sodat ek die wette kan verander sodat meer mense gehelp kan word.”

* Die sportmal Jordan speel graag met sy drie honde; vang in die tuin goggas vir sy baard-akkedis; baklei met sy broers, Kane (16) en Dylan (11); en is lief daarvoor om saam met sy pa, Matthew, vis te vang.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 712 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 755 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
926.50
+0.7%
Palladium
1,029.00
+0.3%
Gold
2,323.26
+0.1%
Silver
27.34
+0.1%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,678
+0.9%
All Share
74,638
+0.9%
Resource 10
60,244
+1.1%
Industrial 25
103,939
+1.1%
Financial 15
15,967
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE