Share

Oscar Pistorius: ‘Gestremdes vrees’, gaan hof glo hoor

’n Belangrike deel van Oscar Pistorius se verdediging gaan waarskynlik fokus op die gevaarlike wêreld wat mense met gestremdhede elke dag in die gesig staar.

’n Top-regsverteenwoordiger het aan City Press, susterkoerant van Rapport, gesê Pistorius kan die tronk heeltemal vermy, sou hy skuldig bevind word... maar dan moet sy regspan suksesvol kan bewys “wat die perspektief van ’n man sonder­ bene is”.

Dr. Brian Watermeyer, ’n kliniese sielkundige en navorser, asook aktivis in die veld van studies oor gestremdhede, sê Suid-Afrika is ’n gemeenskap “waar baie energie bestee word om te dink oor rasse- en geslagsongelykhede, maar ons het nog nie begin dink aan vooroordele oor gestremdhede nie”.

Volgens hom word die menseregte van mense met gestremdhede elke dag aangetas omdat ons in ’n wêreld leef wat “ontwerp” is vir mense sonder ­gestremdhede.

Dit is dus nie onredelik vir mense met gestremdhede om ’n persepsie te ontwikkel dat die wêreld “potensiaal gevaarlik” is nie.

Pistorius se moordverhoor sal na verwagting weer môre begin.

Die Bloemfonteinse sielkundige prof. Jan Botha gaan eerste getuig.

Hoewel dit gewoonlik die beskuldigde is wat eerste deur die verdediging ingeroep word, het Botha gevra om eerste te getuig om persoonlike redes.

Die staat het dit so aanvaar en gaan nie die volgorde van die getuies bevraagteken nie, op voorwaarde dat Pistorius net ná Botha getuig.

Botha was nie deel van die ondersoek wat op Reeva Steenkamp gedoen is nie. Bronne sê hy is genader om kommentaar te lewer op sekere deurslaggewende aspekte van die staat se saak.

Die naam van een van Pistorius se bure, wat selfs nader aan hom woon as diegene wat deur die staat ingeroep is om te getuig, is ook op die lys.

Adv. Gerrie Nel, vir die staat, het nie dié buurman as ’n getuie benut nie – dalk omdat die buurman gaan getuig dat dit Pistorius was wat hy op 14 Februarie verlede jaar hoor gil het, en nié Steenkamp nie.

Volgens City Pressse bronne het die verdediging ook ’n Amerikaanse forensiese maatskappy in Cleveland, Ohio, gekontak.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 18 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 607 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 268 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-0.8%
Rand - Euro
20.42
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.33
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
956.80
+0.4%
Palladium
1,036.50
+0.1%
Gold
2,385.02
+1.0%
Silver
28.40
+0.6%
Brent-ruolie
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE