Share

Ouers, beskerm kinders teen dié katoeters

Elektroniese speelgoed vlieg van die rakke af, maar pasop om jou kind nie die meer “oudmodiese” speelgoed soos bordspeletjies te ontneem nie, waarsku kinderontwikkelingsdeskundiges.

Bordspeletjies delf al hoe meer die onderspit teen MP3-spelers, iPods en iPads, maar is nie noodwendig die regte speelding op enige ouderdom vir jou kind nie. Ouers koop deesdae graag PlayStation 3’s, Nintendo Wii’s en tabletrekenaars.

Nikkie Bush, ’n ouerskapkenner en Ken Resnick, ’n skoolsielkundige, waarsku teen te veel tyd “voor die skerm”.

“Kinders het ’n verskeidenheid speelgoed nodig – dié wat blink, geraas maak, tradisionele speelgoed soos boublokke en poppe of opvoedkundige speelgoed wat spesifiek ontwerp is om jou kind se vaardighede te stimuleer en skoolgereed maak.

“Sommige speelgoed is net vir vermaak, maar sommige is opvoedkundig,” sê Bush. Sy moedig ouers ook aan om speelgoed te koop wat hul kinders se sintuie sal stimuleer.

“Daar is nou ’n gevaar dat ouers in die slaggat van op-die-skerm-tegnologie sal trap. Ons wil regtig nie suwwe breine of die sofapokkel-sindroom hê nie,” sê sy.

Resnick stem saam.

“Die probleem is die oorvloed van speletjies met skerms, byvoorbeeld iPads, selfone en draagbare PlayStations,” sê hy.

Volgens Resnick kan hierdie soort speelgoed verslawend word en kan dit kinders se sosiale ontwikkeling belemmer as hulle dit te veel gebruik.

“Ouers moet die gebruik van enige speelding beheer wanneer die kind obsessief begin word.”

Die speelgoedwinkel Reggie’s se topverkoper is die PlaySta­tion 3 (R2 899). Vir opvoeding is die LeapPad (R1 300) ook baie gewild.

“Dit is baie maklik om tegnologie te koop, maar dit is nie goed as dit nie gebalanseerd is nie,” sê Bush. “Ouers moet bepaal op watter ontwikkelingsvlak hul kinders is en hoe die kind en die speelding by mekaar pas.”

Riaz Loonat, bestuurder by The Toy Factory Shop in Durban, sê hulle verkoop baie bordspeletjies en ewe veel konvensionele en elektroniese speelgoed.

Tyrone Vieira van Game sê poppe, afstandbeheerde motortjies en Lego bly gewild. Ook skaatsplanke herleef.

Bush sê ouers moet met hul kinders speel.

“Speel is die beste manier om jou kind iets te leer.”



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 886 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE