Share

Parkering: Ons kan nie ver loop

Gestremdes landwyd is in ’n hewige debat oor parkeerplekke vir rolstoelgebruikers ná verlede week se berig daaroor in Rapport.

In dié berig het Ari Seirlis, uitvoerende hoof van die KwadPara-vereniging van Suid-Afrika (Qasa), gesê hy meen slegs mense wat aan rolstoele gekluister is moet rolstoelparkeerplekke gebruik.

“Daardie gebiede is net vir mense in rolstoele. Nie eens vir iemand met ’n pyn of ’n skeet nie. Selfs nie eens vir ou mense wat nog self kan loop nie,” sê Seirlis.

Lesers het egter hul stem dik gemaak in kommentaar op die webtuiste of deur e-posse.

Een van hulle, Rita Jordaan (78) van Bellville, het uitgevaar teen Seirlis se uitlatings. “Ek het ’n geldige parkeerpermit. Dis nie sommer ’n stuk papier nie, jy kry dit met goeie rede.”

Jordaan is al 47 jaar gestremd ná ’n ernstige motorongeluk waarin albei haar bene vergruis is, maar sy is nie permanent in ’n rolstoel nie. “My bene is gered, maar hulle is nie ewe lank nie en my enkel kan glad nie buig nie.”

Jordaan het hartprobleme en ly aan artritis. Sy het al ’n hartaanval gehad en het ’n pasaan­geër. “Die bene veroorsaak baie ongerief en pyn en my hart word moeg.” Sy sê sy loop swaar en daarom is sy dankbaar die wet maak voorsiening vir “spesiale parkeerplek”. Sy kan nie sonder haar “4x4”-loopraam oor die weg kom nie.

Op Rapport se webtuiste skryf ene Maryna: “Ek stem nie saam dat dit net vir rolstoelmense is nie. My man het sy been 11 jaar gelede verloor. Hy loop baie moeilik met sy kunsbeen. Hy kan nie ’n kilometer ver loop nie.”

Desmond sê: “Ek is self ’n kwadrupleeg in ’n rolstoel. Ek stem dat alle gestremdes van die staanplekke gebruik kan maak.”

Seirlis hou egter voet by stuk. Hy sê hy het empatie met mense wat sukkel om te loop, maar dat iemand wat nie in ’n rolstoel is nie, by ’n gewone parkeerplek kan in- en uitklim. “Iemand in ’n rolstoel het die parkeerspasie van 3,5 m wyd nodig.”

Volgens Beena Chiba, woordvoerder van die Gautengse vereniging vir mense met gestremdhede (GPAPD), bepaal munisipale regulasies hoe par­keer­-skyfies verkry word.
“Die gestremdheid moet egter altyd deur ’n dokter bevestig word wat ’n 427D-padverkeerregulasievorm moet invul.”

Dié vorms is by verkeersafdelings beskikbaar.

Chiba stem nie met Seirlis saam nie. “Enigiemand wie se beweeglikheid aangetas is en ’n hulpmiddel soos krukke, ’n rolstoel of kunsledemate gebruik, kan aansoek doen om ’n parkeerskyf. Elke aansoek word op individuele meriete gekeur.”

* Gestremdes landwyd met navrae kan 011 601 531 skakel of e-pos stuur na beena. gpapd@gmail.com.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1025 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1089 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE