Share

Piet Grobler huldig sy ‘liefste’ vroue

Familielede van die bekende kunstenaar en boekillustreerder Piet Grobler, wat sy vrou en dogter in ’n gru-ongeluk in Gauteng verloor het, gaan oor drie weke saam met hom terug Brittanje toe waar die gesin die laaste drie jaar woon.

Dit is om te keer dat hy alleen tuiskom waar herinneringe van Griet (51) en ­Catherina (10) hom inwag.

Hulle het in Suid-Afrika vakansie gehou toe die ongeluk op Dinsdag ­24 Julie gebeur het.

Vriende doen “alles in hul vermoë om dit moontlik te maak”, het Piet se swaer, Erich Lutz, gister aan Rapport gesê ná ’n dankdiens vir ma en dogter in die United-kerk in Stellenbosch.

Die vriende samel onder meer geld in vir vliegkaartjies vir familielede.

Piet sterk tans in Stellenbosch aan nadat ’n bakkie in sy broer, Diek, se motor vasgejaag het toe dié onklaar geraak het. Die ongeluk het gebeur toe Diek die Groblers na die O.R. Tambo-lughawe geneem het. Griet en Catherina het agter­in gesit. Diek is net lig beseer, maar Piet loop nog met krukke nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Die United-kerk was gister stampvol tydens die diens wat deur skrywers, uitgewers en akademici bygewoon is.

Vriendinne van Griet het komposisies van onder meer Haydn, Bach en Pachelbel gespeel.

Griet was voorheen ’n musiekonderwyseres aan Rhenish Primary School in Stellenbosch en Piet het ’n kunsgalery hier bedryf.
Hy is deesdae ’n lektor in illustrasie aan die Universiteit van Worcester en Griet het skoolgehou by die Malvern St. James-skool, waar ­Catherina ’n leerling was.

“Piet het altyd gesê hy gaan Engeland toe sodat sy vrou en dogter veilig is.

“Hy wou nou alleen na Suid-Afrika kom vir sy pa se 80ste verjaardag, maar toe verander hulle die besoek in ’n gesins­vakansie,” het Lutz gesê.

Eerw. David Hunter het gesê Griet en Catherina laat ’n “kaleidoskoop van herinneringe” na. Volgens hom “het die verpletterende verlies van dié twee pragtige mense skokgolwe deur ons gemeenskap gestuur”.

Griet was bekend om haar sagtheid en sensitiwiteit en Catherina se lewe is gekenmerk deur vreugde en haar liefde vir musiek, die natuur en diere, het hy aangedaan gesê.

Lutz het hartroerende huldigings van Piet aan sy vrou en dogter voorgelees.

“Jy is my liefste vrou. Ek is lief vir jou met liefde wat maar een maal in ’n leeftyd gebeur. Jy was fyn ingestel op my emosies en dié van Catherina. Jy is my beste vriend ooit. Ek sien jou gou weer, liewe Griet.”

Oor sy dogter het hy geskryf: “Catherina se lewe was ’n lied. Ons kon nie méér verwag het nie, Here. Hierdie dogtertjie was ons lewe. Ek het jou so lief, my kind. Ek sal jou altyd raaksien in elke blom en elke brakkie.”

Griet laat ook drie susters, Elise van Wyk, Emma Sennett en Noëlline Lutz, agter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 304 votes
No! It's time to move on ...
36% - 171 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.77
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
913.10
+0.1%
Palladium
999.50
-0.6%
Gold
2,329.29
+0.6%
Silver
27.43
+1.0%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,257
-0.5%
All Share
74,196
-0.4%
Resource 10
61,519
+1.8%
Industrial 25
102,450
-1.5%
Financial 15
15,823
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE