Share

Polisielede geskiet; beloning uitgeloof

Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het gister tydens die DA se provinsiale kongres in Kaapstad ’n beloning van R70 000 aangebied vir inligting oor die moord op twee Kaapse polisielede Vrydagaand.

’n 26-jarige konstabel en haar 27-jarige manskollega was op patrollie in die Imizamo Yethu-plakkerskamp in Houtbaai toe hulle trompop deur ’n onbekende persoon in hul voertuig geskiet is.

Dit kom ná die moord op Mpumelelo Xakekile (50), ’n metropolisielid, wat ook op ’n kort afstand langs die N2 doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.

Die vroue-konstabel is op die toneel dood en haar kollega ’n paar uur later.

Hul onderskeie families in die Oos-Kaap sou gistermiddag oor hul dood ingelig word.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, het die skietvoorval skerp veroordeel en sê die aanval op die polisielede is ’n aanval op die staat.

Niemand is teen druktyd in hegtenis geneem nie.

In ’n ander voorval het nog ’n Wes-Kaapse polisieman gesterf toe hy Donderdag tydens ’n nasionale fiksheids-kompetisie in Gauteng skielik inmekaar gesak het.

Konst. Andrew Donovan Don (35) van Piketberg is na die Kempton Park-hospitaal gebring, waar hy eergisternag beswyk het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder blyk dit dat Don aan natuurlike oorsake dood is. Hy was ’n fiksheidsinstrukteur.

’n Johannesburgse kollega, ao. Maud Botes, sê sy en Don het Woensdag saam hul goue medaljes ontvang.

“Hy was ’n geliefde mens. Sy goeie gees en liefde gaan vorentoe vreeslik gemis word by hierdie kompetisie.”

Don laat sy verloofde, Shamila Miranda, en hul drie kinders agter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Which national coalition government would you prefer?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
ANC + DA
87% - 7389 votes
ANC + MKP
3% - 234 votes
ANC + EFF
3% - 293 votes
ANC + 6-7 small parties
7% - 552 votes
Vote
Rand - Dollar
18.84
-0.2%
Rand - Pound
23.98
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.52
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
1,044.30
+0.5%
Palladium
903.50
-1.5%
Gold
2,327.38
+0.0%
Silver
30.41
0.0%
Brent Crude
81.11
-1.0%
Top 40
70,455
-0.7%
All Share
76,704
-0.6%
Resource 10
61,314
-0.9%
Industrial 25
106,760
-1.0%
Financial 15
16,479
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE