Share

Rapport, kykNET se nuwe boekpryse beloop R500 000

Rapport en kykNET kondig vandag met trots die totstandkoming van die kykNET-Rapport-Boekpryse aan.

Die prysgeld beloop ’n halfmiljoen rand wat aan drie Afrikaanse boeke toegeken sal word.

Die eerste kykNET-Rapport-prys sal in November toegeken word aan boeke wat in 2013 verskyn het. Drie kategorieë in Afrikaans sal bekroon word vir die beste: volwasse roman (R200 000); niefiksie-boek (R200 000); roman of niefiksie-boek met die meeste rolprentpotensiaal (R100 000).

Rapport en kykNET se vennote is LitNet, Kalahari.com en Leserskring.

Die pryse het ten doel om groter erkenning en blootstelling te gee aan innoverende romans wat veelvlakkig is, maar nie obskuur nie, verhale wat lesers stimuleer en verras, asook aan deeglik nagevorste niefiksie wat die taal en kultuur verryk en tot nuwe insigte lei.

Alle uitgewerye wat boeke in Afrikaans publiseer, word genooi om boeke voor te lê.

Die werk moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees. Waar boeke gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn het, kom die Afrikaanse uitgawe net in aanmerking as die skrywer self die boek vertaal het. Slegs gepubliseerde boeke (geen manuskripte) kom in aanmerking en geen self-publikasies nie. Die rolprentprys gaan aan gepubliseerde romans en nie-fiksie-werke – nie draaiboeke nie.

“Ek is verheug oor dié pryse omdat dit substansieel is,” het Eloise Wessels, uitvoerende hoof van Media24 Boeke, gesê. “Die grootste gedeelte van die geld wat aan dié inisiatief bestee word, gaan aan die skrywers; dit word nie aan ’n groot, duur toekenningsgeleentheid bestee nie.”

Hettie Scholtz, sameroeper van die pryse, noem dit ’n “nuwe dag” vir Afrikaanse letterkunde van goeie gehalte.

Die nuwe pryse hervestig Rapport ook as die grootste borg van Afrikaanse letterkunde. Rapport borg ook die Hertzogprys, die prestigerykste letterkundeprys in die land. Dit is pas aan Marlene van Niekerk toegeken vir haar bundel Kaar. (’n Onderhoud met Van Niekerk verskyn vandag in Weekliks)

Rapport is ook mede-borg van die Akademie se Eugène Marais-prys vir jong skrywers en borg ook die Jan Rabie-Rapport-prys vir uitstaande debuutwerke.

“Goeie letterkunde is geen waarborg vir die toekoms of lewenskragtigheid van die Afrikaanse taalgemeenskap nie. Tog sal ons daarsonder verarm en vergaan. Dit is ’n voorreg om by die pryse betrokke te wees,” sê Waldimar Pelser, Rapport se redakteur. 

*  Kortlyste en die name van beoordelaars word op 5 Oktober aangekondig. Die wenners word in die eerste week van November aangewys. Skrywers en uitgewers wat boeke wil voorlê, kan Hettie Scholtz e-pos by scholtz5@mweb.co.za



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1818 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
9% - 177 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.69
-0.0%
Rand - Euro
20.28
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
949.30
-0.4%
Palladium
1,034.00
-0.1%
Gold
2,373.55
+0.5%
Silver
28.37
+0.5%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE