Share

'Reusesprong' om ellende te verlig - Zuma

Pres. Jacob Zuma het die miljoene armes en werkloses beloof die ANC gaan vandeesweek by sy beleidskongres in Midrand ‘n “reuse-sprong” maak om hul ellende te verlig ­– hy was egter tjoepstil oor wat presies dié “radikale” beleidstandpunte gaan behels om transformasie ingrypend te versnel.

“Enige rewolusie bereik ná bykans twee dekades ‘n punt waar jy besluit of jy reguit aangaan en of jy moet afdraai,” het Zuma Dinsdagoggend tydens sy openingsrede aan die sowat 3 500 afgevaardigdes by Gallagher Estate, gesê.

Volgens hom het die ANC geen ander keuse gehad as om tydens die destydse onderhandelingsproses “absolute noodsaaklike toegewings” te maak nie. Die ANC was ook versigtig om die ekonomie te herstruktureer en dit het daartoe gelei dat wit mense, “veral wit mans”, vandag steeds in beheer van die ekonomie is.

Dít moet verander. “Ons moet terugkeer na die basiese en die moeilike besluite neem wat ons in 1994 nie kon neem nie,” het Zuma gesê. Hy het dit egter duidelik gemaak enige dramatiese beleidsveranderings gaan binne die raamwerk van die Grondwet gebeur.

Hy het met spesifieke verwysing na die grondvraagstuk gesê: “Ons standpunt is die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper moet hersien word. Dit stoot grondpryse op en vertraag grondrestitusie. Maar ons wil dié vordering maak binne die raamwerk van die Grondwet en die reg.”

Die grondkwessie het die luidste toejuiging van die afgevaardigdes uitgelok, veral toe Zuma ook verwys het na die wet van 1913 wat swart mense van hul grond onteien het. “Die pynlike proses sal volgende jaar ‘n 100 jaar gelede gebeur het,” het Zuma gesê, met indirekte verwysing daarna dat die onregte van die verlede steeds nie ongedaan gemaak is nie.

Oor Suid-Afrika se mineraalhulpbronne het Zuma gesê debatte by die kongres moet oor meer gaan as “om net te nasionaliseer of nie”.

“Maar die Vryheidsmanifes stel dit dat die mense van die land sal deel in die rykdom van die land. Minerale rykdom is ‘n nasionale bate wat aan almal behoort en die staat is die soewereine beskermheer daarvan.”

Zuma het ook die navorsingspan oor nasionalisering se bydrae tot die debat verwelkom en gesê afgevaardiges moet bespreek hoe die staat ‘n gelyke deel in die minerale rykdom van Suid-Afrika kan bekom en “hoe die gemeenskappe by mynbedrywighede sal baat.

Hy het ook gesê swart ekonomiese bemagtiging het suksesse gehad, maar dat dit nie die nodige verskil te weeg gebring het nie.

‘n Ekonomiese ontleder aan die rand van die kongres het aan Rapport gesê dat dit duidelik is swart ekonomiese bemagtiging gaan moet omvorm. “Maar nie Zuma of die beleidsdokumente is duidelik oor hoe die omvorming gedoen gaan word nie.”

Zuma het laat gistermiddag gedurende ‘n perskonferensie weer die onderwerp aangeroer maar nie besonderhede verstrek nie en gesê die afgevaardigdes moet met die oplossings vorendag kom.

“Die ANC is die regerende party, as ons dit nie doen nie (noodsaaklike besluite en veranderings doen nie) versaak ons ons plig.”
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 368 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 761 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.85
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
940.20
-1.1%
Palladium
1,019.00
-1.0%
Gold
2,385.56
+0.3%
Silver
28.47
+0.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,084
-0.2%
All Share
73,118
-0.2%
Resource 10
63,183
-0.2%
Industrial 25
98,328
-0.1%
Financial 15
15,443
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE