Share

'Roekelose' Vavi hou nie mond

Cosatu het ’n bloedneus gekry op die ANC se konferensie in Mangaung en die verhouding tussen Zwelinzima ­Vavi, die vakverbond se uitgesproke hoofsekretaris, en die ANC is versuur.

Cosatu het ’n dag ná die ANC-konferensie gesê hy gaan sy stryd teen arbeidsmakelaars, e-tol en die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in 2013 verskerp.

Cosatu se wenslys is grootliks geïgnoreer toe ANC-afgevaardigdes Trevor Manuel, beplanningsminister, se nasionale ontwikkelingsplan (NOP), ’n sakevriendelike beleidsraamwerk, aan­vaar het. Arbeidsmakelaars gaan nie verbied word nie en maatskappye gaan wel aangespoor word om jeugdiges in diens te neem, waarteen Cosatu vasskop.

Pres. Jacob Zuma het die onderwysvakbond Sadtu in sy openingsrede gewaarsku hy wil skoolinspekteurs terugbring om te verseker onderwysers doen waarvoor hulle betaal word.

Voorts gaan die ANC-regering in die volgende vyf jaar ook nie afwyk van die huidige makro-ekonomiese beleid nie wat Cosatu meen hopeloos te konserwatief is om werkloosheid, ongelykheid en armoede te verlig.

Vavi het gister aan Rapport gesê Cosatu sal die ANC se beleidsbesluite binne die volgende paar weke ontleed om te bepaal wat dit inhou. “Ons sal daarna besluit wat ons gaan doen.”

Die ANC en die SAKP se dr. Blade Nzimande het onder Vavi ingeklim omdat hy die ANC in die media kritiseer.

Gwede Mantashe, herkose sekretaris-generaal van die ANC, het die eerste klappe uitgedeel toe hy in sy organisatoriese verslag aangevoer het Cosatu se kritiek op die regerende party is roekeloos.

Vavi het op Twitter gesê hy gaan nie sy mond hou nie.

Vier Cosatu-leiers is tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies, waaronder S’dumo Dlamini, Cosatu se president en ’n Zuma-bondgenoot.

Vavi het sy benoeming geweier.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 13 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 442 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 195 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
-0.3%
Rand - Pound
23.76
-0.3%
Rand - Euro
20.33
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.28
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
950.30
-0.3%
Palladium
1,050.50
+1.5%
Gold
2,384.41
+1.0%
Silver
28.59
+1.3%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,257
+0.5%
All Share
73,321
+0.5%
Resource 10
63,553
+0.3%
Industrial 25
98,230
+0.4%
Financial 15
15,512
+0.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE