Share

SA glo nog, dog heelwat minder

Suid-Afrika is een van die lande ter wêreld waar godsdienstigheid die vinnigste afneem.

Dít blyk uit ’n meningsopname deur ’n gesaghebbende navorsingsliggaam waarvolgens die persentasie Suid-Afrikaners wat hulself as meelewend godsdienstig beskryf sedert 2005 van 83% tot 64% afgeneem het.

Dit is ’n afname van amper ’n kwart.

WIN-Gallup International, ’n wêreldwye netwerk van onafhanklike navorsers, doen elke paar jaar dié opname van die stand van godsdienstigheid in verskeie lande.

In die peiling is meer as 50 000 mense gevra om hulle as óf meelewend godsdienstig óf godsdienstig onbetrokke óf ateïste te beskryf.

In 2005 het 83% van Suid-Afrikaners hulle nog in die eerste van dié drie afdelings geplaas, maar dié syfer het intussen heelwat afgeneem.

Op ’n lys van die lande waar godsdienstigheid die vinnigste afneem, is dit net Viëtnam, Ierland, Switserland en Frankryk wat bokant Suid-Afrika verskyn.

Desondanks maak die 64% van die Suid-Afrikaanse bevolking wat hulself sterk godsdienstig ag Suid-Afrika steeds een van die meer gelowige lande op aarde. (Suid-Afrika verskyn net bokant die VSA, waar 60% van die bevolking meelewend godsdienstig is, en net onder die Palestynse gebiede, waar die syfer 65% is.)

Die getal Suid-Afrikaners wat hulself ateïste noem, het sedert 2005 van 1% tot 4% gestyg.

Luidens die verslag, wat pas bekend gemaak is, staan die meelewend godsdienstige deel van die wêreldbevolking op 59%.

Altesame 23% van die wêreldbevolking is godsdienstig onbetrokke en 13% is ateïste.

Die orige 5% is onseker.

Die mees godsdienstige land is Ghana (96%), met Nigerië (93%) en Armenië (92%) kort op sy hakke.

Die land met die meeste ateïste is China (47%), gevolg deur Japan (31%) en Tsjeggië (30%).

Volgens die navorsers is daar ’n omgekeerde verband tussen welvaart en godsdienstigheid.

Hoe ryker ’n land is, hoe minder godsdienstig is die mense oor die algemeen, terwyl mense in arm lande weer meer geneig is om gelowig te wees.

Nog interessante bevindings uit hul peiling is dat Afrika die mees godsdienstige vasteland is (89%, teenoor Wes-Europa se 51% en Noord-Amerika se 57%) en dat meer mans as vroue meelewend gelowig is (60% van mans teenoor 57% van vroue).

Mense met hoër geleerdheid is ook minder godsdienstig as mense wat min of geen onderwys nie agter die blad het.

Al hoe minder mense meelewend godsdienstig

* 64% van SA se bevolking is godsdienstig

* 96% van Ghana se mense is godsdienstig

* 13% van die wêreld se bevolking is ateïste
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 518 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 542 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE