Share

Só is Zuma-portret getakel

Barend la Grange, wat gister rooi kruise oor die gewraakte skildery van pres. Jacob Zuma geverf het, is ’n belydende Christen en ’n getroue lidmaat van sy kerk, sê mense wat hom ken.

La Grange, van Kempton Park, en Lowie Mabokela verskyn vandag in die hof in Johannesburg nadat hulle gister ’n skildery deur die kunstenaar Brett Murray in die Goodman-galery in Rosebank met verf getakel en gevandaliseer het. Hulle word van opsetlike saakbeskadiging aangekla.

e.tv was in die galery toe die vandalisme gepleeg is en het ’n video daarvan opgeneem.

Die mans het gister net ná 11:00 by die galery ingestap met die verf, wat hulle blykbaar versteek het. Volgens ooggetuies het hulle hardop kommentaar op Murray se uitstalling Hail to the Thief II gelewer voordat hulle voor The Spear gaan staan het.

La Grange het ’n klein potjie rooi verf uitgehaal en ’n kruis oor Zuma se gesig en geslagsdele geverf.

Daarna het Mabokela swart verf uit ’n versteekte botteltjie begin skud en dit met sy hande oor die skildery gesmeer.

Volgens Mabokela se prokureur het hy en La Grange egter niks met mekaar te make nie en het hulle afsonderlik opgetree.

Op e.tv se video kan gesien word hoe Mabokela deur ’n veiligheidswag rondgepluk en met die kop gestamp word. Die mans se hande is met kabelbinders agter hul rûe vasgemaak voordat hulle na die Rosebank-polisiekantoor geneem is.

’n Derde man, George Moyo, is later in hegtenis geneem toe hy met ’n spuitkannetjie ’n muur buite die galery beverf het. Hy het na verneem word die woord “respect” op die muur probeer spuit.

Hy is na dieselfde polisiekantoor geneem en ook aangekla.

La Grange en Moyo word deur dieselfde prokureur, Xolani Mofokeng, verteenwoordig. Al drie is gisteraand net voor 23:00 op borgtog van R4 000 elk vrygelaat.

Mabokela word deur Krish Naidoo verteenwoordig. Naidoo het gesê sy kliënt ken La Grange en Moyo glad nie en was toevallig op dieselfde tyd in die galery.

Hy het gesê Mabokela is ’n taxi­bestuurder van Mo­djadji in Limpopo en het na Johannesburg gereis omdat hy ’n punt wou maak.

Terwyl die drie mans se prokureurs gisteraand gespook het om hulle vrygelaat te kry, het La Grange se seun buite die polisiekantoor gewag.

“Ek weet nie hoekom my pa dit gedoen het nie,” het hy gesê. Hy wou nie sy voornaam gee nie. Hy het baie ontsteld voorgekom.

’n Ander familielid van La Grange het aan Beeld gesê: “Hy wil nie hê ons moet met julle praat nie, hy sal self met die media in kontak wees.”

Nie aan van die drie beskuldigdes wou gisteraand enigiets sê toe hulle vrygelaat is nie.

’n Vriend van La Grange het gesê hulle is “almal geskok” oor sy optrede. “Ons kan net bespiegel oor wat sy redes was. Dit kan wees dat hy nie met Zuma se leefstyl saamstem nie en dalk só sy stem wou uitbring.”

Dié vriend het La Grange op TV geëien.

Beeld het verneem dat La Grange ’n paar maande gelede op sy eie per bus ’n sendingtoer in Afrika onderneem het.

Die Goodman-galery het sy deure gistermiddag vir eers gesluit. Die skildery is na ’n veilige plek geneem, het Lara Koseff, woordvoerder, gesê.

Liza Essers, galery-eienaar, het gesê “die vlak van woede het my verbaas en vreeslik ontstel. Ek het nooit gedink dat die debat sal verander in fisieke optrede wat seermaak nie.”

**Gister se dringende aansoek deur Zuma en die ANC om ’n bevel in die hooggeregshof in Johannesburg te kry teen die galery en City Press, wat ’n afbeelding van die skildery op sy webwerf hou, is intussen tot môre uitgestel sodat dit deur ’n volbank regters aangehoor kan word.

**Die Rolprent-en-Publikasieraad het gisteraand gesit om te besluit of die skildery ’n ouderdomsperk moet hê.

Die sitting sal vanmiddag hervat word.

Die raad se hoof, Yoliswa Makhasi, het haar aan die samesprekings tussen die raad, die Goodman-galery en City Press onttrek nadat dit aan die lig gekom het dat sy haar op Twitter reeds uitgespreek teen Murray se skildery en die galery.

Makhasi het haar Twitter-profiel intussen uitgevee.

Ferial Haffajee, redakteur van City Press, het op Twitter gesê alle argumente wat die koerant tot dusver voor die raad aangevoer het, is verwerp. -- BEELD

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 883 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE