Share

Steun aan Zuma was groot fout, sê Malema aan gehoor

Pres. Jacob Zuma se presidentskap “is ’n verskriklike fout” wat nooit moes gebeur het nie, het Julius Malema, oud-ANC-jeugligaleier wat permanent uit die ANC geskors is, gesê.

Hy het op die vooraand van Jeugdag by ’n byeenkoms van die Vriende van die Jeugliga in Thohoyandou in Limpopo aan die gehoor gesê: “Ons het ’n fout begaan om pres. Zuma te kies. Dis ’n fout waarvoor ons onsself nooit sal vergewe nie. Hy is nie die een wat ons vir julle gesê het hy is nie. Ons het ’n verskriklike fout begaan en die land sal ons nooit vir daardie fout vergewe nie.

“Comrades, julle moet weet wie dié man regtig is, die man vir sy eie familie, die man wat geen belang het vir sy eie mense nie, die man vir sy stam... die man wat ons ’n vereniger genoem het. Die ANC is vandag méér verdeeld,” het Malema, luidens ’n berig van SAUK-radio gisteroggend, voorts uitgevaar.

Malema het Zuma ook gekritiseer omdat hy die afgelope week vir die soveelste keer skuiwe in sy kabinet aangebring het. “Hoekom verander hy elke dag? Dit is omdat hy nie goeie keuses maak nie. Hy stel homself bloot. ’n Voortdurende geskuif skep onbestendigheid in die regering. ’n Voortdurende geskuif is ’n bevestiging dat (hulle) verkeerde besluite neem.

“Ieder geval, daar was nog nie ’n besluit wat hy geneem het wat voor die howe beproef is en deurgegaan het nie. Die howe stuur al sy besluite terug.”

Hy het ’n pleidooi aan Zuma gerig om hom nie as ANC-leier herkiesbaar te stel nie.

Malema, saam met Sindiso Magaqa, die geskorste sekretaris van die ANC-jeugliga, Rudzani Ludere, jeugliga-voorsitter in Limpopo, en Jacob Lebogo, provinsiale sekretaris van die jeugliga, het ook die ANC gekritiseer vir sy hantering van Brett Murray se omstrede kunswerk The Spear.

“Hoe betoog jy oor ’n spies? Van wanneer af is iemand se spies vir enigiemand anders van belang? Die ANC, met vyf prioriteite sedert die laaste verkiesing, het nog nie teen misdaad betoog nie, hulle het nog nie vir werkgeleenthede betoog nie, maar hulle het oor ’n spies betoog.”

Benewens sy onverdraagsaamheid jeens die jeug en mense wat van hom verskil, sal Zuma se presidentskap geen nalatenskap hê nie, het Malema gesê. Hy het ANC-lede gewaarsku dat Zuma ook húlle eendag die rug sal toekeer.

Nóg Malema nóg Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, kon gister vir kommentaar bereik word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 251 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 361 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
-0.5%
Rand - Pound
24.00
-0.5%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Platinum
903.65
+0.8%
Palladium
1,016.75
+1.5%
Gold
2,210.49
+0.7%
Silver
24.61
-0.1%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,275
+0.9%
All Share
74,459
+0.7%
Resource 10
57,075
+2.5%
Industrial 25
103,782
+0.5%
Financial 15
16,515
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE