Share

Tjiff en Tjaff Sondag in Rapport

Lesers van Rapport kry volgende Sondag ’n gratis geskenk saam met die week se nuus.

’n DVD met stories van die supergewilde kinderprogram Tjiff & Tjaff word spesiaal vir die jongspan ingesluit.

Hierdie koddige grasgroen karakters is tweelingboeties met pienk wangetjies wat saam avonture meemaak op kykNET en kykNET & Kie se kinderaanbieding, vroegoggend en laatmiddag.

Tjiff en Tjaff, wat vroeër op Koowee te sien was, was van meet af aan ’n gunsteling onder jong kinders.

Jaco Loubser van Homebrew, die vervaardiger, sê: “Dis verreweg die suksesvolste kinderprogram wat ons nóg vervaardig het.

“Dit is fantasie-karakters wat Afrikaans praat. Ons wou ’n neutrale aanslag hê sodat kinders van enige etniese groep en albei geslagte aanklank sal vind.”

Die program is vertaal in Engels, Sotho en Zoeloe.

Volgens Maryke Allers, mediabestuurder van kykNET, het Tjiff en Tjaff geen bang haar op hul koppe nie. Die twee karakters gaan op uitstappies, doen skeppende projekte, speel speletjies en maak graag verrassingspakkies oop wat hulle van ’n denkbeeldige maatjie, Lulu, ontvang.

Volgens Loubser is die program, wat al vyf jaar oud is, só gewild dat die karakters deesdae ook “ ’n lewe daar buite” geniet.

Tjiff en Tjaff word genooi na kinderpartytjies en woon feeste en skoolgeleenthede by.

Daar is ’n groot behoefte aan Afrikaanse kinderprogramme van dieselfde gehalte as hul internasionale eweknieë, sê Loubser.

Hansie Visagie, wat die storie en karakters ontwikkel het, wou graag iets vir kinders aanbied waar die fokus daarop is om mekaar te help en om nuuskierig te bly.

“Toe ek klein was, het ons graag gesê ons is chuffed met iets as ons daarvan hou. So het die naam Tjaff ontstaan.

“Ek wou hê Tjaff moet ’n maatjie hê, daarom is sy tweelingboetie, Tjiff, gemaak. Tjaff is baie slim en Tjiff is so ’n bietjie stadiger,” sê Visagie.

Mynie Grové sing die temalied.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 900 votes
No! It's time to move on ...
33% - 438 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.2%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.9%
Platinum
923.00
-0.3%
Palladium
969.50
-2.1%
Gold
2,342.30
+0.4%
Silver
27.53
+0.4%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,450
+1.5%
All Share
75,421
+1.5%
Resource 10
63,110
+1.6%
Industrial 25
103,850
+1.3%
Financial 15
16,077
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE