Share

Video: Wen ’n sprokiesrok!

David Fourie se asem is weggeslaan toe hy haar die eerste keer in ’n Thomas Thomson-ontwerperstrourok sien. Hy het nie verwag die model sal so beeldskoon lyk nie vir sy nuwe musiekvideo, “Vandag maak ek jou my vrou”.

“Ek het haar vir die eerste keer gesien toe haar hare gestileer was en sy in die Thomas Thompson-ontwerperstrourok voor my gestaan het. Dit was ’n aspoestertjie-oomblik. Ek het gevoel ek kyk na my eie bruid,” sê Fourie. “Elke vrou verdien om so mooi te voel en te lyk op haar groot dag.”

Nou kan een gelukkige Rapport-leser haar eie sprokiesverhaal wen. Thomas Thomson, een van die land se voorste ontwerpers, gaan gratis vir haar ’n trourok ter waarde van R30 000 ontwerp en maak.

“Elke meisie verdien ’n sprokiesdag. Hulle verdien om getransformeer te word en mooi te voel as hulle in die paadjie afstap. Ek is opgewonde oor hierdie kompetisie,” sê Fourie.

Die lied, wat reeds ’n treffer is op verskeie radiostasies soos Jacaranda FM, kom uit die pen van Fourie en die sanger Vaughan Gardiner. “Dis ’n liedjie wat handel oor alledaagse liefde en die groot sprokiesdag. Mense vereenselwig hulle met die liedjie, want dis eerlik en opreg,” sê Fourie.

Vandag word Fourie se musiekvideo vir “Vandag maak ek jou my vrou” die heel eerste keer gewys – op Rapport se webtuiste.

Die rok-kompetisie sluit op 22 April. Die finaliste sal op 27 April bekendgemaak word en die wenner sal op 4 Mei aangekondig word. As jy in aanmerking wil kom vir hierdie groot prys, moet jy die volgende doen:

1. Stuur vir ons ’n foto van jou en jou geliefde en skryf ook ’n motiveringsbrief (nie langer nie as 200 woorde) oor waarom jý die rok moet wen.
2. Kyk na die musiekvideo en beantwoord die twee vrae hier onder.



Vrae:

*  Deur wat blaai die bruid?
*  Wie is die ontwerper van die rok in Fourie se musiekvideo?

Stuur dit alles per e-pos na lesers@rapport.co.za. Skryf die woord “trourok” in die boodskapveld.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1102 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1182 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
+0.1%
Rand - Pound
23.97
-0.1%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
912.90
+0.1%
Palladium
1,004.00
-0.1%
Gold
2,318.11
+0.1%
Silver
27.17
+0.0%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE