Share

‘Wagte’ beroof meisies by kamp

Vyftien hokkiespelers van die Laerskool Tygerpoort in Pretoria is Vrydagnag by die Adventure Peaks-avontuurkamp buite die stad deur rowers van hul selfone beroof onderwyl hulle om beskerming teen die donderweer gebid het.

Die spelers was met hul ouers by ’n prysuitdeling en sou daar oornag.

Van die spelers en ouers het aan Rapport gesê die meisies was in ’n kamer op die eerste verdieping van die grasdak-gebou aan die gesels toe die “swaar weer” van die meisies bang gemaak het.

Hulle het toe beurtelings begin bid “die Here moet die donderweer stilmaak en ons ’n lekker aand gee”, sê die 12-jarige Bianca le Grange.

Toe een nog “amen” sê, het twee “sekuriteitswagte” met kopdoeke ingeloop.

“Wel, ons het gedínk dis sekuriteitswagte, want hulle het uniforms met ’n rooi en geel logo daarop aangehad,” sê ­Bianca, maar dié “wagte” het hul handwapens oorgehaal en die meisies beveel om in ’n bondel en met hul gesigte na onder op die grond te gaan lê.

Die mans het toe na elke meisie gegaan, ’n wapen teen die kop gehou en in Engels hul selfone geëis. Bianca se BlackBerry is afgevat. Van die meisies se fone was in sakke, maar die inhoud is deur die rowers uitgegooi en die fone is gevat.

Volgens adv. Riana Ferreira, ’n ouer, het haar 11-jarige dogter, Rolize, gehoor hoe haar maats se tandjies klap van die vrees.

Rolize het deurentyd haar maats gevra om tog nie te skree nie en die rowers te gehoorsaam, sê Ferreira.

“Sy het toe in haar beste Engels aan die rower gesê: ‘Really, I don’t have a cell­phone.’”

Tiaan Strydom, twee van die meisies se pa, is deur van die ander vier rowers op die grondverdieping vasgebind.

Hy kon hom later loswoel en het Antoinette Wildon, die eienaar en ook die meisies se hokkie-afrigter, oor die voorval gaan inlig.

Bianca se ma, Erika, sê die hele voorval het sowat agt minute geduur.

“Ek was histeries toe ek van die roof hoor. Die ouers het hul na die plek gehaas om hul kinders te gaan haal.”

Wildon het by navraag aan Rapport gesê die rowers was gelukkig nie gewelddadig nie en is sy baie dankbaar haar spelers is veilig.

Berading is vir die spelers gereël.

* Teen druktyd kon die polisie nie bevestig of enige arrestasies al gemaak is nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 235 votes
No! It's time to move on ...
37% - 136 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+1.2%
Rand - Pound
23.75
+0.9%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.3%
Platinum
912.60
+0.0%
Palladium
1,005.50
+0.1%
Gold
2,328.17
+0.5%
Silver
27.44
+1.0%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,483
-0.1%
All Share
74,431
-0.1%
Resource 10
61,714
+2.1%
Industrial 25
102,986
-1.0%
Financial 15
15,832
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE