Share

Wenner lê knus teen die berg

Suid-Afrika se huis van die jaar lê knus teen die hang van Tafelberg in die rykmansbuurt Higgovale.

Hier woon die ingenieur Craig Sutherland, sy vrou, Colleen, hul tieners Keegan, Adrienne en ­Ca­sey, en die twee honde, Stitch en Mia.

Daar is ’n braaiplek op twee vlakke, ’n pizza-oond reg langs die swembad en ’n asemrowende uitsig oor Kaapstad.

Die luukse vyfslaapkamer-woning het die afgelope week tien finaliste geklop in ’n nasionale kompetisie waarin lesers van die tydskrif Home and Lei­sure aanlyn kon stem vir hul guns­teling.

Sowat 20 000 mense het aan die kompetisie deelgeneem.

Volgens Colleen is die stoep haar spesiale plek. “Dit is heerlik om in die somer daar tyd deur te bring terwyl jy oor die see uitkyk.” Vir Craig is al die onthaalkeuses ’n groot pluspunt.

Naomi Larkin, redakteur van Home and Leisure, sê hoewel dit ’n regte gesinswoning is, is dit baie gesofistikeerd.

Die Sutherland-gesin het die huis 11 jaar gelede gekoop en verlede jaar verbou.

Van die ander huise wat ook om dié gesogte titel meegeding het, was die Hermanus-strandhuis wat deur Herman Pretorius gebou is. Hy is van ’n piramide-skema aangekla en het hom en sy vennoot in Junie verlede jaar om die lewe gebring.

Dié huis met sy see-aansig in Voëlklip het volgens die argitek Stefan Antoni “’n gevoel van vrede, baie ruimte en is gevul met sonlig”.

Die eiendom het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte se toekenning vir uitnemendheid gewen. Dit is in April vir R16,5 miljoen op ’n veiling verkoop.

Die binnenshuise versierder Astrid van der Heim se huis in Killarney, die argitekte Xavier en Carine Huyberechts se huis in Houghton en Kobus Nieuwoudt s’n in Nature’s Valley was ook onder die finaliste.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 502 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 715 votes
Vote
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.36
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE