Share

Woorde soos app is tans op pad

Is “huidiglik” en “oppad” Afrikaanse woorde? Of skryf jy “tans” en “op pad?

Is “toeps” die Afrikaans vir “apps”?

Dié antwoorde sal jy binnekort vind met behulp van die dienste en produkte van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (vivA!), “’n inisiatief van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om ’n internasionaal erkende virtuele instituut vir die beskrywing en bestudering van Afrikaans daar te stel”.

“Want Afrikaans moenie in ’n ivoortoring opgehok word nie,” het prof. Gerhard van Huyssteen die afgelope week gesê op ’n konferensie van die Akademie in Stellenbosch.

Van Huyssteen, van CTexT, die sentrum vir tekstegnologie aan die Noordwes-Universiteit, het gesê projek vivA! is deel van die “toekomswêreld van Afrikaans”.

“Die SA Akademie wil konkrete waarde skep deur Afrikaans as digitale taal te ontwikkel sodat dit oor 100 jaar steeds die hoë taalfunksies kan vervul”.

Die projek bestaan uit ses dele:

* ’n Afrikaanse tekskorpus van 500 miljoen woorde wat gebruik kan word as navorsingsbron.

* ’n Afrikaanse spraakkorpus “van alle variëteite van Afrikaans”, soos Namibië-afrikaans of Ooskaapafrikaans.

* Elektroniese Afrikaanse grammatika.

* ’n Elektroniese Afrikaanse ortografie van onder meer spel- en skryfreëls.

* Elektroniese Afrikaanse taaldienste en produkte, “dus praktiese hulpmiddels vir gebruikers van Afrikaans”.

* Studenteondersteuning, soos beurse.

Volgens Van Huyssteen is prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Akademie, besig om ’n samewerkingsooreenkoms met die Nederlandse Taalportaal op te stel.

Van Huyssteen sê Afrikaans gaan van krag tot krag, en dit is te sien in die toename van voorgraadse én nagraadse studente in dié vakrigting by universiteite soos die NWU, Tukkies en Maties.

“Jy sal wat jy soek op jou selfoon kan kry, of op jou skootrekenaar, in ’n vliegtuig.

“Ek hoop persoonlik egter die walgwoord wat vir apps geskep is, toeps, sal in die proses ’n vinnige dood sterf!”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 560 votes
No! It's time to move on ...
34% - 288 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.0%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.43
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
931.20
+0.6%
Palladium
994.50
+0.4%
Gold
2,336.48
+0.2%
Silver
27.57
+0.5%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE