Die Jukskei-rivier het sy walle oorstroom in Johannesburg en baie mense se karige besittings sowel as hul lewens in gevaar gestel. Die gang van die verkeer is ook sleg getref met oorstroomde paaie wat vir baie motoriste wat die lang pad na vakansiebestemmings vanoggend wou aanpak, hoofbrekens besorg het.
Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Indië op Supersportpark in Centurion is vertraag is weens die reën, maar dit lyk tog of die weer besig is om te verbeter.
En in Beaufort-Wes reën dit liggies sedert gisteraand en die hoop vlam op dat daar verligting sal kom vir dié droogte-geteisterde gebied.