Share

Matriek sonder wiskunde

 
Johannesburg. – Minder matrikulante het wiskunde in 2010 deurgekom vergeleke met die vorige jaar, hoewel die algehele slaagsyfer vir matrikulante gestyg het, het die departement van onderwys Donderdag gesê.

Mnr. Bobby Boobrayan, direkteur-generaal van die departement van onderwys, het gesê dié daling in die aantal matrikulante wat wiskunde geskryf het, is kommerwekkend.

Volgens die verslag oor die nasionale senior sertifikaat-eksamens, het 263 034 matrikulante wiskunde in 2010 geskryf, wat 14% laer is as in 2009.

Sowat 300 829 matrikulante het wiskunde in 2008 geskryf. Soobrayan het gesê dat hoewel die algehele slaagsyfer van dié wat bo 30% gekry het effens gestyg tot 47,4%, is dit teleurstellend dat minder matrikulante die vak geneem het.

Die aantal kandidate wat ’n slaagsyfer van 40% of hoër gekry het, die slaagsyfer wat nodig is vir universiteitsvrystelling, het gedaal van 90 9699 kandidate in 2009 tot 81 374 kandidate in 2010.

Slegs 30,9% van die kandidate het ’n punt bo 40% behaal.

Die slaagsyfers was soortgelyk vir fisiese wetenskappe, met 47,8% van die kandidate wat bo 30% behaal het, en 29,7% wat bo 40% behaal het.

Leerders het oor die algemeen goed gedoen in hulle huistaalvak, met Engels wat ’n slaagsyfer van 92,8% gehad het.

Slaagsyfers vir ander huistale was tussen 98% en 99%.

Die grootste aantal matrikulante wat ’n huistaalvak geskryf het, was 122 694 Zoeloesprekendes, gevolg deur 94 929 Engelssprekendes en 70 377 Xhosasprekendes.

Engels het gedomineer as ’n tweede taal (449 080 leerders), gevolg deur Afrikaans (77 449 leerders) en Zulu (11 094 leerders).

Die slaagsyfers was onderskeidelik 71,3%, 76,7% en 98,7%.

Die algehele matriekslaagsyfer vir 2010 was 67,8%, in vergelyking met 60,7% in 2009. Dit was 62,5% in 2008 en 65,2% in 2007. – Sapa

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 2 votes
Hardly - I prefer streaming online
69% - 72 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 31 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.74
-0.2%
Rand - Euro
20.32
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.26
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
950.10
-0.3%
Palladium
1,036.00
+0.1%
Gold
2,379.01
+0.8%
Silver
28.43
+0.7%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,849
-0.1%
All Share
72,915
-0.1%
Resource 10
62,621
-1.2%
Industrial 25
98,151
+0.3%
Financial 15
15,428
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE