Share

Soeke na ‘huis’ sielvol en uniek

Vrae oor persoonlike verbintenisse en waar ’n mens tuis is, maak hiervan ’n boeiende roman, skryf Dineke Volschenk.

October deur Zoë Wicomb. Uitgewer: Umuzi. Prys: R240
*Bestel die boek hier.

Met die lees van October deur Zoë Wicomb is ek weer verbaas dat Wicomb nie meer bekend is in Suid-Afrika nie.

Sy sit met gemak op die boonste rakke van Suid-Afrika se skrywers, hoewel sy reeds lank in ­Engeland woon.

Met October is dit juis die gaping tussen hier, “tuis”, en “daar” (in dié geval Skotland, waar die skrywer en ook die hoofkarakter in die roman al meer as twee dekades woon) wat sy ondersoek.

Waar is ’n mens se tuiste? Is dit waar jy vandaan kom, of waar jy nou woon?

Mercia is ’n middeljarige universiteitsdosent wat al 24 jaar saam met haar lewensmaat, Craig, ’n Skotse digter, in Glasgow woon en werk. Sy is ’n Suid-Afrikaanse bruin vrou wat grootgeword het in Kliprand in Namakwaland, ’n halfwoestyn-gehuggie wat geteister word deur armoede en alkoholisme. Die vrae wat Mercia haarself vra, is: Hoe kan enigiemand daar wil woon? Waarom sal enigiemand daar wil bly?

Mercia en haar broer, Jake, is van die hoër klas in Kliprand. Hul pa was die dorp se onderwyser, bekend as Meester.

Hy en hul ma, Nettie, was oënskynlik vroom mense wat die kinders streng en godvresend grootgemaak het. Meester het die kinders byna daagliks vertel hoeveel hy opgeoffer het om iewers in die lewe te kom. Maar hy was in werklikheid ’n geweldenaar wat die kinders emosioneel en gereeld fisiek met ’n swepie genaamd Aapstert aangerand het om sonde te voorkom, terwyl hul ma met gevoude hande toegekyk het. Dit was een van die redes waarom Mercia uiteindelik die land verlaat het. Maar Jake, haar broer, het agtergebly, gevul met ’n verterende woede en haat vir sy pa.

Daar gebeur drie dinge wat Mercia se lewe ontwrig: Craig verlaat haar vir ’n ander vrou; sy lees ’n bekroonde roman getiteld Home; en sy ontvang ’n brief van Jake wat haar vra om huis toe te kom om te kom help sorg vir sy seun.

Albei haar ouers is al oorlede en haar hart is gebroke. Sy besoek Kliprand om te gaan kyk wat sy kan doen. Wat sy aantref, is Jake wat so vasgevang in alkoholisme is dat hy kwalik uit sy bed uit kan opstaan; sy vrou, Sylvie, ’n skril vrou van die klas wat Mercia geleer het nie goed genoeg is vir haar familie nie; en die seun, Nicky, skugter en onskuldig, sowat vyf jaar oud. Hulle het geldelike probleme, maar Jake weier om die geld te vat wat sy pa hom nagelaat het.

Mercia is vasgekeer daar “by die huis”.

Haar broer praat nie met haar nie, maar sy dra swaar aan ’n gevoel van verantwoordelikheid en gaan nie terug Skotland toe nie. Sy werk aan haar boek, bou ’n verhouding met die seun, maak ’n lêer in haar rekenaar oop getiteld “Home” en begin skryf aan ’n memoire.

Die handeling in October is meestal innerlik. Die verhaal van Mercia se lewe ontvou stadig. Die raamwerk van die verhaal is onvermydelik apartheid, paternalisme, Calvinisme. Dit word aangebied soos ’n memoire – mymerend en stadig – en só bewerkstellig Wicomb ’n intimiteit tussen die teks en die leser.

Die verhaal bestaan grootliks uit herinneringe en wissel tussen dié van haar kinderjare en dié van haar lewe in Skotland. Dit word vertel in kort fragmente wat wissel tussen Afrika en Europa en die tempo van die vertelling is genoegsaam om die leser se aandag vas te vang.
Mercia ontleed haar verhouding met Craig. Wat het fout gegaan? Heeltyd ondersoek sy die kwessie van waar sy hoort, waar is haar “plek”.

Sy wou nie trou nie, nie kinders hê nie, het ’n wanderlust wat Craig geïriteer het. Kan sy inderdaad enige permanente verbintenis maak aan ’n mens of plek? Sy gebruik die treffende metafoor van salm wat stroom op terugswem “huis toe” om te gaan sterf. Is dít wat huis toe beteken?

Die klimaks is ’n skokkende familiegeheim wat Mercia ontrafel en alles van haar en Jake se lewe in ’n ander lig stel.

Een van die heerlikhede van hierdie roman is die taal. Die skryfwerk is dié van ’n vakman, keurig en presies. Dat Wicomb so gemaklik Afrikaanse woorde gebruik sonder om dit tipografies as vreemde woorde te identifiseer gee hierdie verhaal nog meer tekstuur: Woorde soos “plaasjapies”, “hotnot”, “voetsek” en talle meer wat jou soms laat vergeet jy lees ’n Engelse boek.

’n Wye spektrum van emosies word verwoord. Dit is ’n “gekomponeerde” roman, soos ’n Adam Small-gedig of ’n Abdullah Ibrahim-musiekstuk – sielvol en uniek. Daar is ’n basnoot van droefnis en verlies, maar ook ’n tikkie opwinding soos die klank van Basil “Manenberg” Coetzee se saxofoon, die kleurrykheid van kalkoentjies en vygies, die vertroostende geur van vinkel en koljander.

Hopelik sal ons Wicomb se naam vanjaar op die kortlys vir belangrike internasionale pryse sien, soos die Man Booker-prys, waar dit ongetwyfeld hoort.

Dineke Volschenk is ’n ouduitgewer.

October is ook beskikbaar op ­Kalahari.com teen R216,47.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 535 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 754 votes
Vote
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE