Share

Verlede en toekoms meesterlik verwoord

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle deur Andries Bezuidenhout. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R150. Resensent: Maggie Marx

* Bestel die boek hier.

Die eerste ding wat opval wanneer jy Andries Bezuidenhout se tweede bundel, Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, aanpak, is die treffende beelde wat keer op keer uit sy poësie opspring.

“Digitaliseer” (11) is ’n uitstekende voorbeeld van dié sterk beelding:

Net nóú nog is bloed deur
tiklinte gemoker,
het drukperse traktate vir weermagte tamboer,
het gietvorms groewe in viniel gemartel,
waaruit naalde gille kon steek.

Die tweede wat opval, is dat ’n magtige tesis oor die interteks in dié bundel geskryf kan word.

Bezuidenhout – ’n bedryfso­sioloog, skilder, fotograaf, musikant en ook digter – trek al die dimensies van sy bestaan in sy poësie saam en hoewel hy hoofsaaklik van vrye vers gebruik maak, verleen sy verdeling van strofes, die binnerym en sterk ritme wat deurskemer, tog struktuur aan die onderskeie gedigte en die bundel as geheel.

Die openingsvers, “Kombuiskomplot” (9), voer die toon vir Bezuidenhout se poësie in die bundel aan. Met ’n aanhaling uit Cormac McCarthy se The Road (“He’d not have thought the value of the smallest thing predicated on a world to come”) en in die gedig self sinspeel Bezuidenhout nie net op die onsekerheid van die toekoms en selfs die hede nie, maar ook op die verwagting van die toekoms se kontinuïteit.

Met die titelgedig (17) voer Bezuidenhout die leser deur ’n droom in drie dele. Die Duitse aanhaling (’n vertaling word agter in die bundel verskaf) wat die gedig voorafgaan, kom uit Walter Benjamin se Über den Begriff der Geschichte oor ’n skildery van ’n “engel in die afbeelding lyk of hy stip oor iets nadink, maar op die punt is om daarvan af weg te beweeg. Sy oë gesper, sy mond oop, sy vlerke gespan. Dít is hoe die
engel van die geskiedenis moet lyk.”

Dié aanhaling is ’n inleiding vir hoe die digter en uiteindelik ook die leser met die daaropvolgende paar verse introspeksie gaan doen en in der waarheid met behulp van talle huishoudelike toestelle die engel van sy eie geskiedenis gaan wees.

Dit is egter nie net Bezuidenhout se belangstelling in die sosiologie wat in die bundel neerslag vind nie. Daar is ook talle reisgedigte wat vertel van klein, afgeleë dorpies en ander bestemmings tussenin, soos “Teleskoop buite Sutherland” (29), “Op die pad tussen Ermelo en Morgenzon” (32) en “Welverdiend” (43).

In hierdie en ander reisgedigte speel Bezuidenhout dan ook die rol van die engel van die geskiedenis en ondersoek en bevraagteken pal die verlede, toestand en toekoms van sy omgewing.

Bezuidenhout fokus ook in ’n hele paar gedigte op die mens as huishoudelike toestel.

In “Aansoek om betrekking” (14) is ’n wit vrou op soek na huiswerk aan die woord en word die spanning tussen ras, die spanning tussen die geskiedenis en die hede, en ook die spanning tussen jonk en oud deur die “blinkwit automaid” uitgelig.

In ’n eerliker wêreld met ’n donkerder sin vir humor sou dié en ook “Die jaar toe Pa die skottelgoedwasser gewen het” (30) verfrissende items by die jaarlikse Eisteddfod-fees gewees het. Met slim binnerym, sterk temas van voorstedelikheid en ’n terugblik op die verlede speel die sprekers in dié gedigte en natuurlik die digter self weer die rol van die engel wat terugkyk, gereed om verder die toekoms in te vlug.

Hier en daar duik daar ook ’n pragtige liefdesgedig in Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle op. In “Koelkas” (42) dig Bezuidenhout met ’n slim allegorie oor ’n afwesige geliefde wat hom “op ’n klipvloer laat bewe” vandat sy nie meer daar is nie, en in “Alles wat die lug indamp stol en word solied” (70) verklaar hy enige kommer oor huishoudelike take en toestelle nietig wanneer hy sy geliefde “by die hek sien inry” en “hoor hoe jy die deur oopsluit”.

Bezuidenhout se verse tree nie net in gesprek met ander digters, musikante, romanskrywers, filosowe, populêre kultuur en die moderne samelewing nie, maar ook met mekaar.

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle is ’n goed versorgde bundel wat ’n leser met die massa interteks en verskeidenheid temas lank besig sal kan hou.

Sy vorige digbundel, Retoer, het in 2007 verskyn.

Maggie Marx is ’n teksredakteur by Son en ’n voormalige redakteur by BooksLIVE.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 797 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 847 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
-0.2%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
923.10
+0.3%
Palladium
1,021.50
-0.4%
Gold
2,314.14
-0.3%
Silver
27.10
-0.8%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,470
+0.6%
All Share
74,456
+0.6%
Resource 10
59,779
+0.3%
Industrial 25
103,994
+1.2%
Financial 15
15,918
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE