Share

Welkome boek kort sterker redakteurshand

Ritmes van ons lyf: Op reis met ­intimiteit deur Christina Landman, Nicki Spies en Ralph Barnard. Uitgewer: Naledi. Prys: R176. Resensent: ­Riette Rust

* Die boek kan hier bestel word, en die e-boek hier.

In Ritmes van ons lyf (Naledi, 2014) gee drie kenners raad oor hoe jy en jou maat weer op dieselfde seksuele ritme kan dans.

Afrikaanse niefiksie oor seks is beslis nodig, want in baie verhoudings skiet kommunikasie oor intimiteit steeds tekort. In dié boek is daar onder meer nuttige raad aan vroue wat sukkel om ’n orgasme te kry en aan mans wat ’n lae libido het, maar soms is die oplossings ’n bietjie simplisties. Die skrywers kon byvoorbeeld meer as net die druktegniek vir premature ejakulasie voorgestel het.

Ook sou die handleiding baat gevind het by ’n veel strenger redakteurshand. Te veel akademiese woorde het byvoorbeeld deurgeglip: Opwekkingstemplaat, matris, gedagte-­konstruksie en ruilkommoditeit hoort nie in ’n boek soos dié nie.

Soms word terme ingespan sonder dat die betekenis verduidelik word, soos “gefragmenteerde geheuefunksies” en “dissosiatiewe persoonlikheidsteuring”.

Dit is egter die eindelose setfoute wat die meeste pla. Om enkeles te noem: “boumateraal” (bl. 49), “sommmer” (bl. 106), “verkeie” (bl. 47 en bl. 148) en “hy kon die trane in sy voel brand” (bl. 176).

Die kenners skryf redelik oopkop.

Só lees jy byvoorbeeld daar staan nêrens in die Bybel seks buite die huwelik is sonde nie. Ook dat seksuele selfsorg (masturbasie) aanbeveel word. Ongelukkig skemer onnodige konserwatisme steeds deur in ’n stelling soos: “Die ideale vrou is ’n tuisteskepper.” Een skrywer praat selfs van ’n paartjie wat “dit (seks) met mekaar moet doen”.

Eienaardig genoeg kom “penis” en “vagina” bykans nooit voor nie. Jy sal eerder grillerige plaasvervangers teëkom, soos “geslagsorgane”, “plek van plesier”, “genitalieë”, “genotbos” en “meneer” (vir ’n penis). Ook kru woorde, waaronder “jags” en “ry” (vir seks). Verder lees jy vroue moet hul seksualiteit gemiddeld 16 jaar “behartig” voordat hulle trou.

Veral Landman sorg gereeld vir ’n glimlag. Sy skryf met humor en insig en haar raad is boonop prakties.

As jy baie min van seks weet of dalk seksuele of verhoudingsprobleme het, sal jy baat kan vind by dié boek.

Riette Rust is die skrywer van Die AA tot OE van seks (Tafelberg, 2013).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1025 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1089 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE