Share

’n Ou gunsteling in ’n nuwe baadjie

Thoughts In a Makeshift Mortuary deur Jenny Hobbs. Uitgewer: Umuzi. Prys: R210. Resensent: Martinette Louw

* Die boek kan hier bestel word, en die e-boek hier.

Dis altyd lekker om ’n ou boek in ’n nuwe baadjie op die rak te sien en soveel te meer wanneer dit plaaslike talent is.

Jenny Hobbs se eerste roman is oorspronklik in 1989 uitgegee en dit was ’n ruk lank uit druk, maar Umuzi het besluit om dit vanjaar af te stof.

Hobbs het sedert haar debuut nog ses romans geskryf, waarvan die mees onlangse, Napo­leon Bones, verlede jaar verskyn het. Sy is ook direkteur van die Franschhoek-letterkundefees.

Thoughts In a Makeshift Mortuary handel oor die gedoemde liefde tussen Rose, ’n wit rykmanskind van Houghton, en Jake, ’n bruin digter en ANC-aktivis, tydens die apartheidsjare.

Die jong paartjie ontmoet op universiteit en slaag daarin om mekaar te leer ken – en lief te hê – in ’n land waar menige wette en mense dit probeer verhoed. Hulle vlug na Lesotho en word in 1985 daar doodgeskiet deur ’n groep gewapende mans (die boek is geïnspireer deur ware gebeure). Hul verhaal word in terugflitse vertel terwyl Rose se ouers in ’n modderhut oor hul lyke waak.

Hobbs slaag daarin om die vrees, hopeloosheid en woede van gewone Suid-Afrikaners onder ’n meedoënlose bestel vas te vang en plaas haar karakters se verhoudings onder ’n vergrootglas.

Moenie ’n ligte liefdesverhaal verwag nie: die roman takel swaar temas soos die dood, verlies en rassisme en beweeg soms met’n slakkegang.

Politiek deurdrenk byna elke gesprek en die boek lees soos ’n pleidooi vir vrede, hoop en gelyke regte.

Die wete dat ons land en sy mense kan uitsien na ’n gelukkiger einde as Rose en Jake, help wanneer die somberheid ’n mens begin onderkry.

Martinette Louw is ’n redaksielid van die reistydskrif go! Die boek is ook op Kalahari.com beskikbaar teen R189,42.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 984 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1025 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.7%
Rand - Pound
23.93
-0.6%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
912.90
-0.8%
Palladium
1,009.50
-1.6%
Gold
2,327.19
+0.2%
Silver
27.26
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE