Share

Barnard: Hof het reg besluit

Die Renate Barnard-uitspraak maak glad nie van wit mense vreemdelinge in hul eie land nie, skryf Mondli Makhanya.

Emosie het sober debat oor die saak oordonder.

Dit behoort van die begin af ons uitgangspunt te wees dat Suid-Afrika ’n land met wette is.

Dit is ’n konstitusionele demokrasie waar die reg bo alle ander dinge voorrang geniet. Dit is ’n samelewing waar die konstitusionele hof wag staan oor die nasie se wette, norme en praktyke.

Daar is besluite en praktyke wat ons as individue of groepe dalk haat. Maar omdat ons ’n land met wette is, leef ons in die wete dat dinge nie altyd kan wees soos wat ons dit wil hê nie.

Dit is waarom ons verontwaardig ­reageer as politici en burokrate hofuitsprake ignoreer, die regbank intimideer en die hoofde van onafhanklike instellings beledig.

Ons moet ook aanvaar dat ons ’n ­nare verlede het met wortels in ’n bose stelsel. Apartheid was nie net iets wat in sommige mense se verbeelding gebeur het nie. Dit was ’n politiese, ekonomiese en maatskaplike stelsel gegrond op die onderdrukking van een groep en die doelbewuste bevoordeling van ’n ander groep. Wat ons ook weet, is dat apartheid geweldige lyding, armoede en gapende ongelykhede tot gevolg gehad het.

Dit is daarom logies dat apartheid, wat sistematies oor 46 jaar geïmplementeer is, ook sistematies afgebreek moet word. Dit is waarom die Grondwet eks­plisiet praat van herstel as ’n imperatief. Daarom het ons wetgewing oor restitusie wat hierdie grondwetlike imperatief verwesenlik.

Dit is daarom bemoedigend dat die vakbond Solidariteit in hul regsargumente in die nou reeds bekende Renate Barnard-saak uitdruklik nie dié feit betwis het nie, maar die saak op meriete beveg het. Die meriete was oor hoe ’n goeie en toegewyde lid van die polisie twee keer vir bevordering oor die hoof gesien is, ondanks die feit dat sy die beste kandidaat was.

Solidariteit het geargumenteer dit was onregmatige rassediskriminasie en ’n waninterpretasie van wetgewing oor gelyke indiensneming en selfs van die polisie se eie kodes.

Die vakbond sê sulke optrede sal die langtermyngevolg hê dat dienslewering skade berokken word omdat Barnard waardevolle vaardighede het om te deel en dat sy die geleentheid ontsê word om dit te doen.

Tot dusver is die argument logies.

Tog het Solidariteit in hul boodskap buite die hof ’n ander deuntjie gesing. Die vakbond het Barnard die gesig gemaak van ’n stryd teen “omgekeerde rassisme”. Haar saak was die duidelike bewys dat regstellende aksie die vyand van wit mense is. Sukses in dié saak sal ’n enorme oorwinning wees in die stryd van Suid-Afrika se nuwe slagoffers van verdrukking: wit mense.

En só het die saak ’n emosionele onderwerp geword wat opponente en ondersteuners van regstellende aksie teenoor mekaar opgestel het. Emosies het wipplank gery namate die saak deur die verskillende howe gevorder het.

Toe die arbeidshof ten gunste van Barnard beslis het, het teenstanders van regstellende aksie hul toeters in die strate geblaas. Toe die arbeidsappèlhof die uitspraak omvergewerp het, het die voorstanders van regstellende aksie hul heupe geswaai. Maar dit was van korte duur omdat die appèlhof weer die bal in ’n ander rigting gestuur het.

Toe kom die langverwagte uitspraak van die konstitusionele hof wat die teenstanders op die grond laat spoeg het en die voorstanders laat juig het. Die emosies het sober debat oor die saak heeltemal oordonder.

Dit was ’n belangrike saak wat lank nog sal bepaal hoe ons regstelling en restitusie moet benader. Die konstitu­sionele hof se uitspraak, wat vier verskillende opinies bevat, is een van ons hoogste hof se skerpsinnigste uitsprake tot nog toe.

As hulle nie gekant is teen transformasie nie en toegewyd is aan ’n toekomsgerigte Suid-Afrika, moet die ouens by Solidariteit en hul medereisigers eerder die uitspraak ordentlik lees en dit sien vir wat dit is.

Hulle behoort weg te skram van ’n lui interpretasie wat sê die hoogste hof in die land meen daar is geen plek vir wit mense nie.
Miskien is die belangrikste woord in die uitspraak “rasioneel”. Die oorweldigende betoog van die hof is: Diegene in magsposisies moet regstellende maat­reëls op ’n rasionele manier implementeer wat poog om die onregmatighede van die verlede reg te stel en toestande vir ’n regverdige samelewing te skep.

“Dit moet toegepas word om dié regmatige doel na te streef en niks anders nie. Gewoonlik is die oorsaak van irrasionele optrede met die implementering van wettige projekte onwettigheid. Daarom moet die implementering van ­korrektiewe maatreëls rasioneel wees,” skryf adjunkhoofregter Dikgang ­Moseneke.

Die uitspraak maak dit ook duidelik dat diegene wat uit regstellende aksie voordeel trek, opgewasse moet wees vir die taak, en beklemtoon dat sulke maatreëls nie “ ’n wegkruipplek vir middelmatigheid en onbevoegdheid kan wees nie”.

Moseneke sê diegene wat by regstellende aksie baat vind, “moet genoegsaam gekwalifiseer wees sodat doeltreffendheid en bekwaam­heid nie geoffer word op die altaar van remediërende werkverskaffing nie”.

Dis nie naastenby ’n blanko tjek vir kaderontplooiing, die outomatiese begunstiging van mense met hoë melanien-vlakke, of die uitsluiting van bleker Suid-Afrikaners nie. Die uitspraak moedig eerder Suid-Afrikaners aan om dieper te dink oor die voornemens, implementering en die verlangde uitkomste van regstellende aksie.

Hierdie belangrike uitspraak is ’n reusagtige bemagtigingsgeleentheid vir dié wat wil sien dat regstellende aksie sy doel bereik om ons samelewing te normaliseer. Ook vir hulle wat wil keer dat die beleid misbruik word vir wraaksugtige en kortsigtige doelwitte.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 485 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 693 votes
Vote
Rand - Dollar
18.92
+0.1%
Rand - Pound
23.88
+0.1%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.13
+0.1%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE