Share

Kry boelie ’n beurt in AU-buurt?

Lidlande van die SAOG het pas vir Robert Mugabe as voorsitter gekies. Hoe het dit gebeur? vra Jean-Jacques Cornish.

Robert Mugabe het nog altyd goed daarin geslaag om sy Afrika-bure aan die neus rond te lei.

Hy gedra hom soos die buurt se boelie en loop rond asof die plek aan hom behoort. En hy het letterlik geglo die veiligheidstruktuur van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is syne.

Dit het iemand soos oudpres. Nelson Mandela geverg om hom tot orde te roep.

Die konfrontasie tussen Mandela en Mugabe amper 15 jaar gelede het die beraad van onverbonde lande in Durban ontspoor. Dit was die laaste strooi vir die Zimbabwiese president en hy het nooit vergeet hoe Mandela hom onttroon het as die streek se liefling-bevrydingsleier op die internasionale verhoog nie.

Sedertdien versuur daardie voorval  alle verhoudinge tussen Zimbabwe en Suid-Afrika.

Mandela se opvolger, Thabo Mbeki, het amper net soveel interna­sionale kritiek verduur vir sy hantering van sy noordelike buurman as vir sy vigs-ontkenning.

Hy was teësinnig om enigiets aan die Zimbabwe-probleem te doen en het sy solidariteit met Mugabe hoër gestel as Suid-Afrika se morele status op die wêreldverhoog.

Onthou iemand nog hoe Mbeki se minister van buitelandse sake, Nko­sazana Dlamini-Zuma, verklaar het dat ’n mens geen kritiek op Zimbabwe en Mugabe uit die mond van die Suid-Afrikaanse regering sal hoor nie?

Dit het gelyk asof die volgende in die stoel, pres. Jacob Zuma, ’n meer weldeurdagte standpunt sou inneem.

Hy het die kameraadskaplike omhelsings vermy wat Mugabe so graag uitdeel en waarmee hy wys wie régtig baas is. En hy het op ’n manier saam met Zimbabwe se bure gewerk om Zanu-PF te dwing om ’n magsdelingsooreenkoms met die twee MDC-groeperings aan te gaan.

Maar op die SAOG-beraad wat die afgelope week by die Victoria-waterval gehou is, is die uitslag van verlede jaar se Zimbabwiese verkiesings, wat Zanu-PF gewen het en ’n einde aan die ooreenkoms gemaak het, effektief bevestig.

Dit behoort egter glad nie verbasend te wees dat Mugabe nou die ondersteuning van die streek het nie. Dit is immers dieselfde bure wat voorheen hul seën uitgespreek het oor ’n omstrede verkiesing wat so blatant deur Mugabe gesteel is dat Amerika en Europa sanksies teen hom ingestel het.

Watter aanmoediging Mugabe ook al van sy bure gekry het, dit het nie beleggers geflous nie. Hulle keer steeds hul rug op die eens welvarende land van 13 miljoen mense.

Die afgryslikste is dalk die nuwe wetgewing waarkragtens 51% van ondernemings wat buitelanders en wit Zimbabwiërs besit, aan swart Zimbabwiërs gegee moet word.

Werkloosheid, in wat die broodmandjie van die streek kan wees, staan op 80%.

Patrick Chinamasa, Zimbabwe se minister van finansies, het reeds die groeivooruitsigte vir die huidige boekjaar tot 3,1% gehalveer. Die Wêreldbank verwag egter niks meer as 2% nie.

Geen wonder dus dat die tou by die paspoortkantoor in Harare verskeie straatblokke lank is nie. Zimbabwiërs verlaat hul land by die duisende. Die meeste van hulle kies koers suid oor die Limpopo.

Ná ’n pleidooi van die Zimbabwiese owerhede het Suid-Afrika sy bedeling  vir Zimbabwiërs wat verblyfpermitte in Suid-Afrika wil hê, tot 2017 verleng.

In die stryd oor wie Mugabe moet opvolg, kruip die meeste slim kandidate agter die heining weg. ’n Paar word dapperder en wys hul gesig.

Christopher Mutsvangwa, adjunkminister van buitelandse sake, het aan die vooraand van die beraad ’n dubbelbladsy in die Zanu-PF-mondstuk gekry. Hierin het hy ­Didymus Mutasa, die party se sekretaris van administrasie (en vroeër ’n gunsteling vir die presidentskap), uitgekryt as ’n lafaard gedurende die bevrydingstryd wat nou dink dat hy die hef het in die hand het.

’n Duidelike aanduiding dat die etniese tamboer geslaan word, is wanneer aktiviste na die Chimurenga – die revolusionêre stryd – begin verwys.

In ’n langdradige vraag-en-antwoord- onderhoud met The Herald het Mutsvangw­a ook adj.pres. Joice Mujuru gemaan om haar gewig agter die presidentsvrou, Grace Mugabe, te gooi wat ook politieke aspirasie het. In dié verband sal ons moet wag en sien of die verlies vir Suid-Afrika se winkeliers en verkopers van luukse artikels Zimbabwe se wins gaan wees.

Met die uitsondering van Botswana se pres. Ian Khama, wat op die afgelope SAOG-beraad die eensame stem van kritiek op Mugabe was, het die res van die streek se leiers goedhartig toegekyk. Hul sin van ironie is egter tot die uiterste getoets toe die man wat hulle gekies het om die nuwe roterende president van hul liggaam te wees, hulle in sy toespraak aanmoedig om minder op buitelandse hulp staat te maak.

Dit is immers dieselfde man wie se optrede die afgelope paar jaar daartoe gelei het dat die meeste buitelandse hulp vir sy land opgedroog het – dít terwyl hy die Britse hand byt wat hom steeds voed.

Die SAOG-leiers het ook die oproepe van menseregte-organisasies geïgnoreer wat wil hê dat hulle vergrype in Zimbabwe en ander SAOG-lande ondersoek.

Hulle het wel die eerste stap gedoen om die SAOG-tribunaal te laat herontwaak – maar in ’n vorm wat meer aanvaarbaar is vir Mugabe, wat die vorige streekhof laat skrap het toe dit in die guns beslis het van ’n boer wie se grond van hom afgevat is.

Die volgende vraag is nou: Sal die leiers van die Afrika-Unie ook so  goedgunstig teenoor Mugabe wees en die roterende AU-leierskap aan hom gee wanneer hulle in Januarie vergader?

Pres. Teodoro Obiang Nguema ­Mba­sogo van Ekwatoriaal-Guinee was ’n vorige AU-leier en Afrika se langsdienende diktator. So miskien tog.

Jean-Jacques Cornish is ’n vryskutjoernalis wat in Afrika-politiek spesialiseer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 686 votes
No! It's time to move on ...
34% - 348 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.82
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
931.60
+0.7%
Palladium
992.50
+0.2%
Gold
2,344.28
+0.5%
Silver
27.70
+1.0%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,177
+1.1%
All Share
75,092
+1.0%
Resource 10
62,836
+1.2%
Industrial 25
103,994
+1.4%
Financial 15
15,856
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE