Share

Dit was die week toe...

 ... Gerrie Nel, die staatsaanklaer in die ­Oscar Pistorius-moordverhoor, sý kruisondervraging van die Paralimpiese ster met so ’n orkaansterkte ingelui het dat selfs ’n gesoute hofverslaggewer van die Amerikaanse TV-netwerk CBS Donderdag oorbluf gesê het hy het nog nooit in enige hof dáár – in die land van LA Law en ander soortgelyke kamma-kamma, klipharde TV-reekse – so iets beleef nie.

Nel het sy kaalvuis-aanslag op die lemnaeler begin deur hom te konfronteer met ’n aaklige, bloedige gesigfoto van Reeva Steenkamp.

“Daar’s dit, kýk, mnr. Pistorius,” het Nel gevuur, “... aanvaar verantwoordelikheid vir wat jy gedoen het!”

Hy sál nie kyk nie, het Pistorius tussen rou snikke in ’n bewende stem geantwoord waar hy in die getuiebank letterlik inmekaar gekrimp het.

... ’n Grys, skynbaar verwarde Shrien Dewani – in teenstelling met die ure lange pyniging van Pistorius in die getuiebank – al oogknipperend vinnig in en uit die beskuldigdebank was in die hooggeregshof in Kaapstad.

Dié Britse sakeman is eindelik ná talle juridiese jakkalsstreke deur Brittanje uitgelewer om tereg te staan vir die huurmoord op sy vrou, Anni, in November 2010 in Kaapstad. Sy vlug op ’n private straler uit Bristol het Suid-Afrikaanse belastingbetalers R2,5 miljoen gekos.

 En pres. Jacob Zuma het seker amper soos Pistorius ineengekrimp toe hy hoor Max Sisulu, die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het besluit om die Nkandla-skandaal voor die verkiesing te ondersoek.

’n Ad hoc-komitee gaan glo “deurnag” werk om Thuli Madonsela se Nkandla-verslag te weeg en nog voor die verkiesing daaroor verslag te lewer.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 175 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 371 votes
Vote
Rand - Dollar
19.18
-0.1%
Rand - Pound
23.87
-0.2%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
954.20
+0.4%
Palladium
1,025.00
-0.4%
Gold
2,388.00
+0.4%
Silver
28.43
+0.7%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,695
-0.7%
All Share
72,780
-0.7%
Resource 10
63,068
-0.4%
Industrial 25
97,729
-0.7%
Financial 15
15,343
-0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE