Share

Dit was die week toe...

. . . die woorde “dankie u edele, ek het niks verder nie” van adv. Gerrie Nel, aanklaer in die Oscar Pistorius-saak, uiteindelik soos soete hemelse klanke vir Pistorius moes geklink het ná ’n moordende vyf dae van kruisondervraging in die getuiebank.

Maar bulhond-Nel se “bloedlus” was nog nie bevredig nie. Hy het die volgende getuie, die geoloog Roger Dixon, ook kwaai getakel, veral toe dit aan die lig gekom het dat ’n klankopname geredigeer is waarin krieketkolf­slae en pistoolskole nageboots is.

. . . SAUK-base stert tussen die bene moes instem om die Demokratiese Party (DA) se verkiesings-televisie- en radio­-advertensies weer alles uit te saai.

Die DA het verlede Saterdag by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) gekla omdat die nasionale uitsaaier sy TV-advertensie ANC Ayisafani (“nie meer dieselfde”) én vyf radio-advertensies gestop het. Die SAUK het aangevoer dit stook geweld aan en val pres. Jacob Zuma persoonlik aan. Die DA het gesê dié snoering is onwettig en ongrondwetlik.

’n Volle vyf uur se debattering Maandagaand voor Okosa se klagte- en voldoeningskomitee kon g’n hond haaraf maak nie. Toe dit Dinsdagaand hervat is, het die nuwe regspan van die SAUK voorgestel die saak word uitgestel. Doodreg, het die DA gesê – mits die uitsendings dadelik voortgaan.

... en leiers van die drieparty-alliansie gal gebraak het oor die anti-ANC-veldtog van hul oud-kollegas, Ronnie Kasrils en Nozizwe Madlala-Rout­ledge, wat hulle Woensdag begin het. Stem vir die kleiner partye, was hul boodskap, maar nié vir die ANC, DA of “God se party” (die ACDP) nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 446 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 944 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE