Share

‘Dreig? Dis nie óns nie’

Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), praat met Herman Jansen oor Saskok se erge ontevredenheid oor die nasionale krieketspan se embleem.

Die landsvlag is al 15 jaar bo die koningsprotea op die Proteas se kriekethemp. Hoekom dring Saskok nóú eers daarop aan dit moet verwyder word? In die verlede het dit gegaan oor die Proteas se klerevervaardiger wat nie uitrustings kon weggooi wat reeds vervaardig is nie. Dis nie Saskok wat eise stel nie: Sport en Rekreasie Suid-Afrika (SRSA) hou toesig oor die embleem vir sport in Suid-Afrika.

Krap julle nie waar dit nie jeuk nie? Die vlag dáár wys tog ekstra nasietrots?
Die koningsprotea is by die buro vir heraldiek geregistreer as die embleem vir Suid-Afrikaanse sport. Federasies is vry om die vlag te gebruik, maar nié in kombinasie met die koningsprotea nie.

Kan julle dit nie maar los nie?
SRSA sal dít moet beantwoord.

Maar dis tog Saskok wat gedreig het om die Proteas uit te skop?
Nee, jy is verkeerd. Ons herinner bloot federasies aan die besluite wat op raadsvergaderings geneem is en sê hulle aan om daaraan gehoor te gee. Die minister verwag van Saskok om op te tree wanneer federasies die spoor byster raak – dieselfde het onlangs by atletiek gebeur.

As Krieket Suid-Afrika (KSA) uitgeskop word, sal die Proteas glo nie meer internasionaal kan deelneem nie. Die hele wêreld sal dan vir ons lag.
Nee, om KSA uit te skop is die heel laaste uitweg. Ons by Saskok sal saam met KSA werk om die kwessie op te los. Hulle is nie ongeneë om saam te werk nie.

Jy het die afgelope week gesê Saskok het R10 miljard nodig sodat ons met die beste in die sportwêreld kan meeding. Wie het die somme gemaak? Dis ’n reuse-bedrag.
Ons het ná die 2011-Sportindaba die nasionale sport-en-ontspanningsplan opgestel wat aan die kabinet voorgelê moes word, mét wat dit gaan kos. SRSA het nou dié taak voltooi en dis die bedrag wat nodig is om sport in Suid-Afrika op ’n gesonde grondslag te plaas.

Jy het gesê jy sal aanhou druk totdat die regering dié geld beskikbaar stel; dat Saskok moeg is om met ’n bak hand te staan en bedel.
Ja, as sportbeweging wil ons ’n sny van die geldkoek hê ten einde ons mandaat uit te voer om sport te ontwikkel en goeie infrastruktuur te skep.

Maar is dit nie wensdenkery nie? Die regering het tog ander prioriteite. Wensdenkery?Ten minste het ons ons bedoeling baie duidelik gestel!

Vir watter tydperk is die R10 miljard?
Dis ’n 2030-droom. Ons droom van groter snye van die nasionale begroting vir die volgende 16 jaar. Daarna kan ons ’n bestekopname doen oor wat bereik is, en verder beplan.

Watter sportkodes sal baat vind by so ’n toekenning?
Ons het ná baie jare van debat ooreengekom op 16 prioriteit-sportsoorte vir Suid-Afrika. Ons gaan na dié kyk om te bepaal wat die behoefte aan infrastruktuur is.

Jy het sportkodes onlangs berispe oor die pas van transformasie.
Saskok se rol is om ons lede leiding te gee oor die besluite van die 2010-Sportindaba.
’n Telkaart is ingestel en elke federasie moes die pas van transformasie aandui wat vir hulle moontlik was. Dit word dan voorgelê aan die Eminent Persons Group (EPG). Die pas van transformasie is in die federasies se hande. En die laaste terugvoering, wat gelei het tot die ontevredenheid van die minister van sport, was dat van die federasies nie hul eie beloftes nagekom het nie.

Jy woon nou die Statebondspele in Glasgow by. Hoeveel medaljes gaan ons huis toe bring?
Ons hoop op 40 medaljes, met 15 goues onder hulle. Dit sal ons onder die toptien op die medaljetabel plaas.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 958 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE