Share

‘Ek is g’n le Beast nie!’

Twintig jaar voor die opspraakwekkende Luis Suárez-byt in vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi het ’n Springbok se hap óók wêreldnuus gemaak. Johan le Roux (52) het met Herman Jansen gesels.

Het jy die wedstryd gesien waarin Suárez ’n Italianer aan die skouer gebyt het? Nee, ek het nie gekyk nie. Net daarvan gehoor en daaroor gelees.

Wat gaan toe deur jou kop? Dit was die derde keer dat hy byt en is net vir vier maande geskors. Dis ’n belaglik ligte straf – ek het 18 maande gekry. Ek behoort eintlik Shaun Fitzpatrick (die All Black-kaptein) se hele oor afgebyt het vir so ’n lang straf!

Was dit nie omdat jy ’n swak dissiplinêre rekord gehad het nie? Nee, ek het nooit tevore iemand gebyt nie. Jy kan gaan kyk op die rekords. Ek was so tien jaar tevore ’n keer in klubrugby in ’n fight betrokke. Ek is drie maande geskors, maar nooit op provinsiale of toetsvlak nie.

Maar jou bynaam was “Le Beast”? Dit is wat die Nieu-Seelanders my ná die bytery genoem het. Ek weet nie hoekom nie.

Hoekom het jy Fitzpatrick in 1994 in die tweede toets in Wellington gebyt? Hy het my op die grond vasgehou. Ek het nie gedink nie. Maar toe ek hom aan sy oor raak, toe los ek onmiddellik. Ek het hom omtrent glad nie gebyt nie. Ek het ’n gumguard aangehad. Daar was omtrent nie ’n merkie aan sy oor nie. In daai selfde toets het Fitzpatrick in die eerste tien minute vir Francois Pienaar in die gesig geslaan. Maar daai lafaard van ’n Jannie Engelbrecht (Springbok-bestuurder) het hóm nie daarna ge-site nie.

Daar was tog foto’s van Fitzpatrick met ’n bebloede oor? Nee, daar was amper niks, niks nie. Ek belowe. Was my hande los het ek hom gedonner of met die kop geslaan. Dalk het ek dan net drie maande gekry.

Wat gebeur toe? Ek was stupid. Hulle het gesê as ek skuldig pleit sal ek net drie of ses maande kry.
Dán sou ek weer betyds kon speel vir die 1995-Wêreldbeker. Engelbrecht het glad nie by my gestaan nie. Ek sal dit nooit vergeet nie: Dáár ry die bus en ek staan heeltemal alleen in die hotel. Ek moes sélf ’n prokureur kry, alles self reël. Met die pers wat so intimiderend was. Ek was sowat ’n week daar voor die tugverhoor en het toe teruggevlieg Suid-Afrika toe.

Het jou rugbyvriende by jou gestaan? Nee, ek was heeltemal op my eie. Dis hoekom ek so de moer in was. Ek het amper teen Afrikaners ook gedraai, verstaan jy? Ek het gedink jou eie blerrie nasie behandel jou só, wat de hel bly oor?

Dit was die einde van jou Bokloopbaan? Ja, ná net drie toetse. Ná die 18 maande het hulle my Springbokproewe toe genooi. Ek het geweier. Vandag is ek spyt. Maar ek was verbitterd. Die enigste ou wat by my gestaan het, was dr. Louis Luyt (destydse rugbybaas). Hy het my geld onder die tafel gegee om oorsee te vlieg vir my appèlsake.

Die appèl het toe nie geslaag nie? Nee, maar Kitch Christie (oud-Springbokafrigter) skryf in sy boek ek was die beste vaskop in die land. Ek sou beslis in die Wêreldbeker gespeel het.

Spot jou pelle jou nog oor die byt? Die één voordeel is dat ek dit as ’n marketing tool gebruik. Ek is onder meer in die koper- en stainless steel-bedryf en kry baie besigheid daardeur. En ek byt nou en dan ouens in kroeë vir die grap!

Wat dink jy van vandag se rugby? Dis beslis sagter. Kyk die skrums: touch, pause, engage! Die ouens van vandag sou nie twee skrums teen die manne uit óns era gehou het nie.

Wat het verander? Óns rugby was in ’n ander liga. Hulle is vandag dalk vinniger.

Maar fikser? Ek weet nie. Kitch en Ray Mordt het ons geoefen dat die byle huil.
Jirre, ons was soos ’n masjien gewees!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 945 votes
No! It's time to move on ...
33% - 463 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE