Share

Genugtig! Is dit waar? (Nee, dis nie)

’n Amptenaar van die departement van gesondheid het onlangs gesê meer as ’n derde van Suid-Afrikaanse vroue is teen die tyd dat hulle 19 is swanger. Maar is dit waar?

Africacheck.org stel ondersoek in:

“Die departement (van gesondheid) bly bekommerd oor die hoë koers van tienerswangerskappe, met meer as ’n derde van Suid-Afrikaanse vroue wat teen die tyd dat hulle 19 is geboorte gee,” het Sam Mkhwanazi, die departement van gesondheid se woordvoerder, onlangs gesê.

Die klaarblyklike bron vir dié stukkie inligting is ’n demografie-en-gesondheidspeiling wat in 1998 deur die departement van gesondheid gedoen is. Gegrond op dié navorsing lyk dit of Mkhwanazi se uitspraak min of meer reg is: 30,2% – of amper ’n derde – van 19-jarige vroue het reeds ’n baba gehad. Dit is nie méér as ’n derde, soos Mkhwanazi gesê het nie. (Die data verwys ook net na 19-jariges in 1998.)

’n Tweede demografie- en-gesondheidspeiling is in 2003 gedoen en dit toon ’n verlaging van sewe persentasiepunte (tot 23%) in die getal 19-jariges wat ’n baba gehad het.

Dié statistieke word egter bevraagteken. Die navorsingsmaatskappy wat die veldwerk gedoen het, het nie genoeg ondervinding gehad in die insameling van data nie, sê Diego Ituralde, bestuurder van demografiese analise by Statistieke Suid-Afrika.

Gevolgtrekking: Tienerswangerskap is hoog, maar die uitspraak is verkeerd op twee vlakke:

Eerstens kan ’n mens nie praat van “Suid-Afrikaanse vroue” in die algemeen as die data net verwys na 19-jariges nie. Tweedens is dit gegrond op data wat amper 16 jaar oud is.

Meer onlangse data toon dié syfer daal.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1019 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1072 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
-0.4%
Rand - Pound
23.92
-0.5%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
913.40
-0.7%
Palladium
1,008.00
-1.8%
Gold
2,321.02
-0.0%
Silver
27.25
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE