Share

Is dit waar? (Soort van)

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het verlede week aan Rapport gesê 39% van 7de Laan-kykers is bruin, 29% swart en 30% wit.

Kganyago het dié stelling gemaak na aanleiding van Rapport se berig oor die SAUK wat glo die Afrikaanse dialoog tot 80% van die program gaan sny en Engels en inheemse tale tot 20% van die totaal vermeerder.

Ongeveer 90% van 7de Laan se dialoog is nou in Afrikaans.

Rapport het ondersoek ingestel na Kganyago se stelling om vas te stel of die syfers wat hy noem, wel akkuraat is.

Volgens Mpho Mathebula van die Suid-Afrikaanse Gehoornavorsingstigting (Saarf) is 34% van 7de Laan se gehoor wit, 38,5% bruin en 25,5% swart.

Sowat 1,5% van 7de Laan se kykers is Indiërs.

Die Saarf het die steekproef tussen 1 Augustus tot 25 Augustus gedoen en gevind dat Kganyago nie ver verkeerd is nie.

“As ’n mens na hierdie tydperk kyk, kan daar afgelei word dat die meeste van 7de Laan se kykers bruin is,” het Mathebula gesê.

Uit die Saarf-steekproef is die grootste gedeelte van die sepie se kykers (23,5%) tussen 50 en 64 jaar oud. Sowat 10% van 7de Laan se kykers is tussen 25 en 34 jaar oud.

As daar na die lewenstandaardmetingsgroepe (LSM) gekyk word, val die meeste 7de Laan-kykers (22,6%) in die boonste LSM-groep (’n LSM van tien is die hoogste; een die laagste). Daar is bykans geen 7de Laan-kykers wat in ’n LSM-groep laer as vier val nie.

Gevolgtrekking: Die SAUK se segsman is nieheeltemal in die kol nie, maar nie ver verkeerd nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 449 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 949 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE