Share

'Noem my sommer oom'

Sommige lede van die SAKP probeer argumenteer moraliteit is ’n ‘bourgeois-konsep’, het Ronnie Kasrils aan Herman Jansen vertel.

Jy bestempel jou besluit om teen die ANC te stem as ’n “liefdesdaad”. Maar hulle kruisig jou? ’n Mens moet bereid wees om die waarheid te praat, al is dit moeilik vir die ander party om die werklikheid te aanvaar. Ongelukkig sien ek al ’n geruime tyd hoe my voormalige kollegas ernstige politieke debat met vieslike beledigings verlaag.

Gwede Mantashe sê jy was roekeloos by Bisho en was maar altyd roekeloos? Kameraad Mantashe eggo bloot die aantygings wat die apartheidsregering en Oupa Gqozo (destydse Ciskeise leier) gemaak het ná die Bisho-slagting in 1992.
Die destydse sekretaris-generaal, Cyril Ramaphosa, het voor die WVK gesê dit was ’n kollektiewe besluit om Bisho binne te gaan.

Mantashe sê as minister van intelligensiedienste het jy só opgefoeter dat die ANC steeds besig is om die gemors op te ruim. Ek het agentskappe probeer hervorm toe ek besef het sleutelleiers is aangestel om Luthuli-huis te dien, eerder as die staat. Dié siekte is weerspieël in hul blatante politieke agenda om Jacob Zuma se aanspraak te steun dat daar ’n komplot teen hom was. Vier jaar nadat ek uit die kabinet getree het, het die drie intelligensiehoofde bedank omdat Zuma die kant gevat het van hul minister, oor wie hulle erg ongelukkig was.Dus, wie het nou eintlik die veiligheidsdienste opgeneuk?

En Blade Nzimande noem jou ’n “fabrieksfout”. Dit is pateties dat die leier van ’n eens trotse kommunistiese party so laag kan daal met kinderagtige beledigings. Klaar gepraat.

Jy het bedank as minister nadat pres. Thabo Mbeki uitgeskop is. Kon jy toe al sien in watter rigting Zuma die ANC neem? Op ’n vergadering van die politburo van die SAKP in 2006 het dit duidelik geword dié party sou Zuma ondersteun in sy verkragtingsaak en die Skerpioene aanval wat besig was met ’n korrupsie-ondersoek teen hom. Hulle het gesê hy was ’n leier vir die werkers en moraliteit is ’n bourgeois-konsep. Ek het gesê hulle maak ’n fout, hy was beslis nie ’n werkersklasheld nie.

Maar die “siektes” in die ANC was sekerlik teenwoordig vóór Zuma oorgeneem het. Waarom was jy stil oor Mbeki se vigs-ontkenning? As ek myself nie toe in die openbaar uitgespreek het nie, keer dit my om dit nou te doen? Ek hét kwessies met die ANC en die regering aangeroer. ’n Mens neig om net op jou eie portefeulje te fokus. Dít was ’n fout.

Wat pla jou die meeste van die Zuma-regering? Mbeki het nooit, ooit persoonlike rykdom nagejaag nie. Zuma se verhouding met Schabir Shaik en ander wat gunste by hom gesoek het, het ’n groen lig aan crony capitalists gestuur. Something is rotten in the state en baie dink die vrot is te diep om uit te haal. Ek en my kollegas praat uit in die hoop dat die ANC dalk tóg ’n beter weg sal inslaan.

Kan ’n mens jou kritiek en dié van ander ANC-strydrosse vergelyk met die onmin in die Nasionale Party in die 1980’s? Ja, in sommige opsigte sien ons ooreenkomste met die “Sestigers” en die “Verligtes”. Die huidige leierskap het ’n skerp draai na regs gevat. Diegene wat verbind is tot daadwerklike verandering wil die beweging na links trek.

Die Joodse gemeenskap is in jou hare weens jou kritiek teen Israel. En nou vat jy die ANC aan? Jy maak ’n fout as jy dink ek is geïsoleer. Ek is deel van ’n breë beweging van ons mense wat dik is vir die huidige situasie.

’n Resensent van jou boek Armed and Dangerous sê jy is allermins soos jou skuilnaam, Scarlet Pimpernel. Jy’s eerder ’n “cheeky boikie”. Jy kan die boikie uit Yeoville haal, maar nie Yeoville uit die boikie nie. Ek is trots op my ­wortels.


En in húl aanval noem die ANC-jeugliga jou ewe “Uncle Ronnie”: Hulle kan my Oom noem!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 16 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 556 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 243 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
-0.6%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.38
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
953.10
+0.0%
Palladium
1,043.00
+0.8%
Gold
2,380.35
+0.8%
Silver
28.35
+0.5%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,246
+0.5%
All Share
73,324
+0.5%
Resource 10
63,201
-0.3%
Industrial 25
98,529
+0.7%
Financial 15
15,520
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE