Share

'Nou neem ek aksie!'

Presies 21 jaar ná die sluipmoord op Chris Hani praat Gaye Derby-Lewis met Herman Jansen oor haar R2,5 miljoen-lastereis oor die boek Chris Hani: A Life Too Short.

Jou man is twee keer in twee weke met skerp voorwerpe gesteek en sy longkanker het onlangs per toeval aan die lig gekom toe hy vir die wonde behandel is. Ja, dit was “an ill wind that blew some good”. As dit nie vir die messteek was nie, sou ons nie geweet het nie. Net soos toe ek in 2010 gesien het sy been het gangreen in en sy prostaatkanker en hartprobleme ontdek is toe hy in ’n private hospitaal behandel is. Daar is in al die jare nooit ooit ’n roetine- mediese ondersoek op hom gedoen nie.

Hy is al amper 21 jaar in die tronk. ’n Mens sou dink sulke aanvalle sou aan die begin plaasgevind het. Ons kan net bespiegel. Maar die beheer in tronke gaan agteruit en bendes vier hoogty. Dit was nie ’n dekade of twee gelede die geval nie. Dalk was dit ’n bende-inisiasie?

Jy gaan nou aansoek doen om mediese parool vir jou man. Gaan dit nie maar weer futiel wees, soos die vier keer wat parool vir hom afgekeur is nie? Mediese parool is veronderstel om niks met politiek te doen te hê nie. Tot dusver is Clive gestuit deur die SAKP en adv. George Bizos. Die vorige minister van korrektiewe dienste – daai groot, vet een in die geel rok, ek vergeet nou haar naam – het gesê Clive sal nóóit, ooit parool kry nie. Maar mediese parool is mediese parool. As jy terminale kanker het, ís jy siek. Die paneel moet besluit.

Chris Hani is die afgelope Donderdag presies 21 jaar gelede vermoor. Wat bly jou by van dié dag? Wel, dit was ’n verrassing, vir ons albei. Ons was die Saterdag besig met die verkiesingsveldtog toe iemand Clive bel en vra of hy ’n man met die naam Walus ken. Clive dog toe dis die Skotse “Wallace” en sê nee. Die volgende dag sien ons toe Janusz Walus se foto in Rapport en besef wie dit was.

Was jou man dus glad nie betrokke in die beplanning van die sluipmoord nie? Hy het niks beplan nie. Ek ook nie. Maar ons word albei daarvan beskuldig dat ons deel was van ’n sameswering. Ek gaan deur die hof ’n einde maak aan die mense wat dié openbare opvatting dryf.

Maar by die WVK het dit aan die lig gekom jy het ’n verklaring in jou eie handskrif onderteken dat jy vooraf geweet het. Ek is aangehou onder Seksie 29. Die WVK-regter het gevra hoekom daar swart strepe tussen paragrawe op my verklaring was. Die polisie moes erken hulle het uitgehaal wat ek geskryf het en ingesit wat húlle gesê het ek moes skryf. Ek het niks geweet van die beplanning nie. Al waaroor ek en Clive gepraat het, is hoe min ons van Hani gehou het.

Jy vat George Bizos hof toe oor goed wat hy in ’n boek gesê het wat al in 2009 verskyn het. Hy sê ek was diemeesterbrein agter die sluipmoord. Ek sê aan hom: Bewys dit. Hy kan nie. Wie de hel dink hy is hy? Hy dink hy is ’n godjie, ’n ikoon, dat hy hoof is van menseregte regoor die wêreld. Watter humbug is hy nie! Ek is siek en sat dat Bizos, die SAKP en ander gespuis dink hulle kan sê wat hulle wil oor my en Clive! Nou neem ek aksie!

In die boek word ook beweer jy was op ’n tyd gay en dat jy ’n gay-klub in Hillbrow gehad het. Dit was nie Bizos wat dít gesê het nie. Nee, maar die punt is dit is in die boek en twee skrywers het dit geskryf.

Maar waar sou die storie vandaan kom dat jy, Gaye, op ’n tyd gay was? Aaag, ek weet nie. Seker omdat ek in 1987 in Hillbrow ’n KP-kandidaat was. Daar was destyds baie gay-klubs in Hillbrow.

Wanneer het jy uit Australië hierheen gekom? Ek was 21. Ek het hier grootgeword. Ek het my opinies oor die lewe in Suid-Afrika gevorm. Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger.

Mag ek jou vra hoe oud jy is? Skryf “iets in die sestigs”. (Sy lag.) Moet nooit ’n vrou vra hoe oud sy is nie...

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 933 votes
No! It's time to move on ...
33% - 452 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.50
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
958.00
-3.3%
Gold
2,334.19
+0.1%
Silver
27.21
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE