Share

Pollux: Kleurgedrewe spel maak mens deurmekaar

Kwota-kaskenades

’n Mens kan sien Fikile Mbalula, die minister van kwotas, het sy somme vooraf mooi gemaak en dat dit eintlik die tradi­sionele witmanspel, rugby, is wat hy in sy visier het.

As die elftalle van krieket, sokker of hokkie byvoorbeeld volgens Bra Fiks se formule opgedeel sou word, sit jy met die ongemaklikheid dat die spanne uit 6,6 swart spelers en 4,4 wit ouens gaan bestaan.

In rugby werk sake volgens Fiks se berekeninge egter mooi uit en behoort jou toekomstige Super15- of Springbokspan uit presies 9 swartetjies en 6 wittetjies te bestaan. In die kleurgedrewe klugspel moet die skeidsregters (twee swart en een wit?) net versigtig wees oor wie ’n rooi- of geel- kaart gaan kry.

Of dalk sal die reëls – soos in die geval van stutte – aangepas word sodat ’n swart speler altyd deur ’n ewekleurige speler vervang moet word.

100% skurke

In Argentinië is die rugbybase dalk nie so gepla met kleur nie, maar dat die spelers lang vingers het, is gewis.

’n Besoekende Argentynse rugbyspan het glo onlangs R30 000 se spierbou­middels uit ’n winkel in Kaapstad gebuit.

Dit is nou ’n geval van hulle speel so lekker, want hulle steel so lekker.

Dis my geld, ou maat

Helen Zille beskuldig die ANC mos die afgelope week daarvan hulle gebruik staatsgeld en staatskospakkies vir verkiesingsdoeleindes.

Skaars het daar ’n kilte oor haar woorde gedaal, of ’n ANC-LUR uit KwaZulu­Natal gooi weer olie op die vuur. Meshack Radebe, KwaZulu-Natal se LUR vir landbou en omgewingsake, weet te vertelle mense wat welsyntoelaes kry terwyl hulle opposisiepartye ondersteun, steel eintlik van die regering. Dit sê hy boonop nog in die teenwoordigheid van Nommer Een sonder dat laasgenoemde hom reghelp.

Nou maar laat Pollux dan die keiser van Nkandla en sy meeloper te hulp snel: Daai geld kom van Pollux en die ander belastingbetalers in die land en behoort nie aan die ANC of selfs die regering nie. Dit is vir behoeftiges, ongeag van politieke verbintenis.

Suiwere beginsels

Die politiek begin vir Pollux darem maar al hoe meer na ’n lekker ding klink. Buiten al die gratis voordele van vlieg en vreet, word ’n man met selfs net ’n effense statuur ook nog stewig vergoed as hy na ’n opposisieparty sou oorloop.

Dit is nou as onse Helen se beskuldiging waar is dat Grant Pascoe, ’n voormalige burgemeesterskomiteelid van Kaapstad, van die DA na die ANC oorgeloop het “vir ’n miljoen rand en ’n kar”.

Watwo, lensiesop. Daardie klink mos na die soort stewige beginsels waarvoor ’n man maar van politieke party kan verwissel.

Slurpie-sake

Die olifant kom op die man af waar hy hom in ’n watergat was. Hy kyk hom op en af en skud sy kop verstom. “Sê my, ou maat, hoe drink jy met daai ding?
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1151 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1226 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
+0.4%
Rand - Pound
23.95
+0.0%
Rand - Euro
20.52
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.48
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
917.00
+0.5%
Palladium
1,009.00
+0.4%
Gold
2,322.80
+0.3%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,706
+0.2%
All Share
74,622
+0.1%
Resource 10
61,839
+2.3%
Industrial 25
103,305
-0.7%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE