Share

‘Steve kom tier nie hiér’

Dit sou “ongesonde profyt” wees om Steve Hofmeyr by die Namaquafees in Vredendal te laat optree, sê Lionel Phillips, dié munisipaliteit se waarnemende direkteur van ontwikkeling en stadsbeplanning, aan Herman Jansen.

Is die fees nou finaal van die baan? Nadat ek die organiseerder, mnr. Louis le Grange, per e-pos versoek het om mnr. Hofmeyr nie te nooi nie, het hy dadelik teruggebel en gesê die fees is gekanselleer. Hy het nie gesê “gaan vlieg ’n kite” nie. Daar is nou baie stories: Van die sakemanne versprei die boodskap dat die fees steeds einde Oktober sal plaasvind. Daar is ook sprake dat dit op ’n plaas in die omgewing gehou gaan word.

Het jy hierdie op jou eie gedoen? Nee, dit was die Matzikama-munisipaliteit se besluit. Dit is nie iets wat ek sommer hier in my kantoor geskryf het nie. Dis nie dat ek gesê het nee, ek hou nie van Steve nie. Ek ken hom nie, het nog nooit na sy musiek geluister nie. Maar ek het ’n bietjie navorsing gaan doen en gesien wat hy op die Innibos-fees gedoen het. En toe weer in Klerksdorp. En ek het die uitvoerende raad daarvan ingelig. Die raad was eenparig in sy standpunt.

Hoekom wou julle nie hê Hofmeyr moet deelneem nie? Hy gebruik feesplatforms om politiek te praat. Oor die regering wat nie perform nie. En hoe dit die Afrikaner-gemeenskap raak.

Jy het Hofmeyr kwaai getakel in die e-pos aan die organiseerder. Ons het gesê hy is bekend vir sy rassistiese opstokery deur die liedjies wat hy sing en opmerkings wat hy maak. Ons kan nie sulke mense toelaat om hier op te tree nie.

Is die feesgangers ’n mengsel van bruin en wit mense? Ja, en daar is ook heelwat plaaslike Africans wat dit bywoon.

Julle was dus bang vir rassespanning as Hofmeyr “Die Stem” sou sing? Hy sou ­laterig die aand optree. En ons ervaring is dat mense by feeste teen daardie tyd lekker gekuier is. Ons weet ook Steve het so ses jaar gelede politiek begin praat by ’n ander fees in ons kontrei. Toe iemand kapsie maak en sê “asseblief, Steve, ons het kom luister hoe jy sing”, is ses van sy tande uit sy mond geslaan. Vandag praat Steve nóg meer politiek. Wat kan nie alles gebeur by ’n fees soos hierdie waar baie meer mense is nie?

Wat dink jy van “Die Stem”? Daar is niks mee verkeerd nie, dit is ’n mooi gedig. Maar dit was die volkslied toe die meeste van die land se mense onderdruk was. Ons munisipaliteit werk hard om ons gemeenskappe te verenig. Dit is goed en wel om te sê ons kon ’n ekstra 2 000 mense lok as Steve optree. Maar dit sou ’n ongesonde profyt gewees het: Dit sou meer skade as goed vir ons gedoen het.

Wat is sy tarief? Steve se algehele koste, wat mnr. Le Grange aan die toerismekantoor gekommunikeer het, was R90 000 vir die een optrede. Dit sluit vliegkaartjies en alles in.

Jy is hewig uitgetrap weens die besluit. Meeste van diegene wat gekla het, voel die munisipaliteit het nie die reg gehad om in te meng nie. Maar wéér: Mnr. Le Grange kon gesê het hy gaan voort met wat hy doen: “Dis die beste vir die fees en julle kan maak wat julle wil.”

Wat sou dán gebeur het? Die raad sou vergader het en my ’n nuwe (amptelike) posisie gegee het om te kommunikeer. Soos om mnr. Le Grange te vra of hy kan waarborg dat Steve nie “Die Stem” sal sing nie. En (dat hy) nie politiek gaan praat nie. Baie mense ruik ’n rot omdat die hele fees toe gekanselleer is. Hulle glo daar was ook ander redes.

Soos watter ander redes? Wat ek sien, is dat die fees die einde van die pad bereik het; dat dit sy siklus gehad het. Dit het so tien jaar gelede begin met tot 20 000 mense ’n dag. Die laaste drie jaar was dit maar rondom 3 000 mense ’n dag.

Hoeveel steun het die munisipaliteit vir sy standpunt gekry? Talle wit Afrikaanssprekendes het my gebel en bedank, sommige van so ver as Gauteng. Hulle het gesê dit is reg om nie onenigheid in ons gebied te laat saai deur dít wat Steve doen nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 796 votes
No! It's time to move on ...
34% - 401 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+0.2%
Rand - Pound
23.74
+0.3%
Rand - Euro
20.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
923.00
-0.3%
Palladium
980.00
-1.1%
Gold
2,348.96
+0.7%
Silver
27.70
+1.0%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,172
+1.1%
All Share
75,096
+1.0%
Resource 10
62,861
+1.2%
Industrial 25
103,868
+1.3%
Financial 15
15,880
+0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE