Share

'Vereeniging laat my sweet'

Die Amerikaanse weeraanbieder Derek Van Dam is pas weg by e.tv (eNCA) om vir CNN te gaan werk. Hy het met Herman Jansen gesels.

Wat het jy gedink van die plaaslike weer­aanbieding op TV toe jy in 2008 e.tv se weerdiens begin het? Dit was nie heeltemal agter die klip nie, maar ’n bietjie dooierig. Ek het die aanbieders geniet, maar jy kon sien hulle het nie ’n weerkundige agtergrond nie.

Jy was gou-gou die eerste glans-weeraanbieder in Suid-Afrika. Was dit ’n skok om amper oornag só bekend te raak? Nee wat, ek het nog nooit aan myself gedink as ’n celebrity nie. Ek is regtig net eenvoudig dol oor my werk en is bly dat dinge reg vir my uitgewerk het.

Jy het die weerberig op ’n heel ander manier begin aanbied. Op watter van die nuwighede wat jy ingebring het, is jy die trotste? Beslis op die raakskerm- wyse van aanbieding. Dit was destyds ’n eerste vir Afrika. Dit was ook baie bevredigend om die publiek oor weersake op te voed.

Het jy baie fan-mail gekry? Het mense jou op straat voorgekeer? Ja, dié soort goed het nogal oor die jare van tyd tot tyd gebeur. Ek was eers oorbluf, maar het later vrede gemaak daarmee dat dit maar deel van my werk is. Tóé was dit lekker om op straat met mense oor die weer te gesels!

Daar was sekerlik ook kritici omdat jy so flambojant was, boonop met ’n Amerikaanse aksent? Dit het ’n ruk gevat vir party mense om aan my TV-styl gewoond te raak, veral my aksent. Maar ek dink hulle het van opinie verander toe hulle begin besef hierdie ou probeer maar net iets spesiaal op die been bring vir die Suid-Afrikaanse publiek se beswil.

Veral Afrikaanse plekname moes aan die begin ’n nagmerrie gewees het? Dit wás baie moeilik. Ek het verreweg die meeste met “Vereeniging” gesukkel. Van my kollegas het baie gehelp met die name. Dis ’n soet herinnering wat my altyd sal bybly.

Het jy al rêrige groot flaters gemaak? Ja! Die ergste was toe ek ’n verkeerde voorspelling aan my eie uitvoerende hoof gegee het vir ’n staptog wat die maatskappy gereël het. Ek het nou nog nie die einde daarvan gehoor nie.

Het CNN jóú genader? Ja, so ’n paar maande gelede. Ek gaan ’n “on-air” me­teoroloog vir CNN International wees in Atlanta en berig oor groot weerstories wêreldwyd. Én daarby gaan ek ook daaglikse weerberigte vir spesifieke dele van die aardbol aanbied.

Hoe lank ken jy jou Suid-Afrikaanse verloofde, Tara Hossack? Ons gaan al twee jaar lank uit.

Jy het haar by die eindstreep van vanjaar se Comrades-marathon gevra om te trou. Hoekom dáár? Die Comrades het baie betekenis vir ons altwee. Ons het twee keer ná mekaar saam daaraan deelgeneem.

Waar gaan julle trou? Tara gaan saam Atlanta toe, maar ons gaan hier kom trou. In Franschhoek.

Wie se weervoorspelling gaan jy vertrou vir die groot dag? Wat dink jy?! eNCA s’n, natuurlik!



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1026 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1089 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE