Share

‘’n Mangoboom dra nie kokosneute nie’

Die Nigeriese “profeet” TB Joshua het verlede September met Bosede ­Olusola-Obasa van die Nigeriese koerant ‘Punch’ gepraat oor die omstredenheid rondom sy persoon en sy Synagogue Church-bediening.

Hoekom is jou bediening gewilder buite Nigerië as binne die land?
Soos die Bybel sê, word ’n profeet nie in sy eie land geëer nie. Ek mag dalk nie aanvaar word deur sommige in Nigerië nie, maar my aanvaarding in die wêreld het my wêreldwyd nog gewilder gemaak. As jy die mense tel wat saam met my werk, is die persentasie van Nigeriërs maar sowat 10%.

Wat is die aantrekkingskrag wat selfs regeringsleiers na jou kerk toe laat kom? God is die een wat die mense uitnooi. As jy dit op jouself neem, sal mense wat God nie verwag het nie daar opdaag en dan is daar moeilikheid. Maar as jy die reklamewerk aan God oorlaat, sal daar vrede en kalmte wees. Party sê “daardie kerk is duiwels”. En dít maak ander nuuskierig om te kom sien hoe die duiwel lyk. Party sit donkerbrille op of vermom hulle... Maar voor die diens oor is, sal baie van diegene voor kom sit. Húlle word uiteindelik my gebeds­krygers.

Jy is bekend vir jou vrygewigheid. Maar hoekom vra jy mense om dié geskenke op regstreekse TV-uitsendings te vertoon? Ons doen dit ten einde ander aan te spoor om dieselfde te doen. Party is fisiek gestrem of hulpbehoewendes wat nie eens bankrekeninge het nie. Ons móét hulle dus kontant gee.

Maar mens sien nie sulke dinge in ander kerke nie? Elke Godsman het sy eie gewoonte. Gewoonte is ’n geskenk van die Here. Soos Daniël wat sy venster oopmaak wanneer hy wil bid. Jesus se dissipels het ses keer ’n dag gebid. Wanneer mense sien wat ons doen, leer hulle om goeie skenkers te wees. As jy alles privaat doen, waaroor sal mense dan skryf?

Jy sê God praat met jou. Hoe praat hy met jou? Geloof moet eers in die hart wees voordat God jou gebed of versoek sal aanvaar.

Hoe kom die profesieë wat jy verkondig na jou toe? Geloof is ’n kanaal waardeur salwing vloei. As jy geloof in jou hart het, kan jy jou oë toemaak en ’n vraag vra oor wat in die wêreld aangaan. Voor jy jou kom kry, sal jy die visioen sien. Mens kan geloof meet: diep, dieper en diepste geloof. Ons is nie almal op dieselfde vlak nie.

Baie mense dink nie jy glo in Jesus Christus nie, maar dat jy aan ’n sekte behoort. Wat is die bron van jou mag? Jou vraag is vreemd. Mens kry nie mag nie – wat ons het, is geloof. Die mag in ons lewe word deur geloof by ons monde vrygestel. As jy nie geloof het nie, sal mag dormant bly. Só het die dissipels mag gehad, maar nie die geloof om dit vry te stel nie.

Uit die perd se bek uit: Wie is jy?
Nigeriërs kan my nie vertel wie ek is nie. Die persentasie van my mense wêreldwyd is meer as dié in Nigerië. Ek word oor die wêreld heen gehuldig. Kyk op die internet: My Emmanuel-TV word die meeste na gekyk. Vergeet daarvan om almal oor te haal. Selfs Jesus kon nie almal se siele wen nie.

Glo jy in Jesus Christus? “Christen” is ’n titel. Slegs God weet wie hom dien. ’n Mangoboom dra nie kokosneute nie. Dít waarin jy glo, straal uit om jou.

Jy kan glo die uitslag van sokkerwedstryde voorspel. Hoe ver gaan Nigerië vorder in die Wêreldbeker (in Brasilië, 2014)? Ek kan nie nou al sê nie. Ek sal julle my profetiese boodskap gee wanneer dit na my toe kom.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 819 votes
No! It's time to move on ...
33% - 407 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.8%
Rand - Pound
23.61
+0.8%
Rand - Euro
20.24
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.6%
Rand - Yen
0.12
+1.6%
Platinum
924.50
-0.1%
Palladium
976.00
-1.5%
Gold
2,348.22
+0.7%
Silver
27.61
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,134
+1.0%
All Share
75,063
+1.0%
Resource 10
62,636
+0.8%
Industrial 25
103,736
+1.2%
Financial 15
15,942
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE