Share

Mr Fix It se Qash Cow

Nissan se splinternuwe weergawe van die baanbrekende Qashqai-kruisvoertuig is die afgelope week in Suid-Afrika bekend gestel. EGMONT SIPPEL is beïndruk.

"It’s the time of the season /when love runs high...” het die Zombies eens op ’n tyd gesing. Of liewer: briljant gesing.

Gaan kyk en luister maar op YouTube: www.bit.ly/regtemusiek.

En moet asseblief nie die Zombies met Oscar se sê-dinge verwar nie.

Nou, deesdae, is dit die seisoen van briljante veerstelsels. Pas het ons gaande geraak oor die Subaru WRX se uitstekende ritgehalte vir ’n motor wat so ferm soos die ’Rex geveer is, of Volkswagen se hersiene Polo maak sy verskyning en ry nóg beter en nóg stiller as die uitgaande model, iets wat deur herinstellings en beter skakels en klankdemping vermag word, plus die feit dat daar nou ’n kleiner en daarom ligter 1.2-liter-turbobron onder die enjinkap skuil (pleks van die uitgaande motors se 1.4- of 1.6-liters).

Einde is dit egter niet. Die afgelope week maak Nissan se splinternuwe ­Qashqai toe sy buiging op plaaslike oewers en die eerste vier dinge wat opval, is: (1) pragtige nuwe bakstilering; (2) ’n veel beter en mooier – asook effe ruimer – kajuit as voorheen, veral wat die voorpaneel betref; (3) ’n veel meer gesofistikeerde handratkas; en (4) ’n feitlik fabelagtige lekker rit vir ’n motor in die sogenaamde kruissegment.

Die kruissegment bevat natuurlik voertuie wat hul voete (of wiele) in verskillende motorsegmente vasskop – soos die Qashqai, wat half-luik en half-es-joe-wie is. G’n wonder dat die Qashqai in Japan en Australië as die Dualis bekend staan nie: hy vervul twee rolle (of dan a dual role, op Ingels).

Motor-Rapport was destyds in 2007 juis een van net twee Suid-Afrikaanse publikasies wat Parys toe gevlieg is om te sien hoe die Qashqai hierdie nuwe segment as’t ware afskop.

Een van die hoogtepunte van die besoek was om Carlos Ghosn in aksie te sien.

In die motorwêreld is die Libanees-Frans-Brasiliaanse Ghosn natuurlik een van die reuse. Dít nou oor sy ongelooflike suksesvolle sakeloopbaan, wat by ­Michelin begin het, by Renault voortgesit is, by Nissan geblom het en nou’s Ghosn vir ’n wyle al die hoof uitvoerende beampte van Renault, én van Nissan, én van ’n derde maatskappy genaamd ­Renault-Nissan Alliance.

Forbes noem hom “die hardwerkendste man in die motorwêreld”. Libanese soek hom as president van hul land. In ’n onlangse opname was Ghosn se naam sewende op ’n lys van name wat deur Japannese as hul volgende eerste minister gekies sou word, as hulle kon. Barack Obama was negende.

Dit nadat Ghosn met die eeuwisseling as die “Keiretsu killer” in Japan bekend geraak het, daar hy – as Nissan-indoena – die ingewikkelde interafhanklikheidskultuur van Japannese motorvervaardigers met hul verskaffers begin aftakel het deur van onproduktiewe verskaffers ontslae te raak, iets wat die Japannese kultuur self net nie kon toelaat nie.

In Frankryk het Ghosn as “le cost ­killer” en “Mr Fix It” bekend geraak, en in Japan is daar deesdae prenteboeke oor sy lewe.
Hy’s ’n globale ster, Carlos Ghosn.

En in 2007, in Parys, op die verhoog vanwaar hy die openingsrede vir die Qashqai sou lewer, hang daar toe hierdie groot digitale horlosie, wat ure voor Ghosn se verskyning begin aftel het: nog twee ure, nog ’n uur, nog ’n minuut, vyf sekondes, vier, drie, twee, een...

En op zero, toe stap Carlos Ghosn fier en flink op die verhoog om te vertel watter wenresep Nissan met die Qashqai geskep het.

En hy was reg. Nou’s die tweede Qashqai hier, en hy’s kennelik met dieselfde aandag aan detail as Ghosn se sakeritme aanmekaar gesit.

Heel duidelik was dit dus, tydens vandeesweek se eerste ontmoeting, dat pragtige ontwerp, stewige bougehalte en indrukwekkende meganiese verfyndheid – ten minste wat die 1.5-liter-diesel met sy 6-gang-handratkas betref (want dis al model wat ons bestuur het) – die liefde van voor af vir die Qashqai sal laat blom.

Nes die Zombies toentertyd gesing het...

* Pryse – Nissan Qashqai:

Van R282 000 vir die intreevlak 1.2 DIG-T Visia (petrol) tot by R384 000 vir die 1.6 Accenta dCi 4x4 (diesel).

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
3% - 7 votes
Hardly - I prefer streaming online
69% - 158 votes
Sometimes - it depends on the film release
28% - 65 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.76
-0.3%
Rand - Euro
20.33
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.27
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
951.30
-0.2%
Palladium
1,036.00
+0.1%
Gold
2,382.49
+0.9%
Silver
28.47
+0.9%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,889
-0.0%
All Share
72,951
-0.1%
Resource 10
62,823
-0.9%
Industrial 25
98,128
+0.3%
Financial 15
15,417
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE