Share

Storie is koel, maar waar is die woema?

Suurlemoen! is nog nie die Afrikaanse jeugfliek waarop die bedryf gewag het nie, skryf Leon van Nierop.

Suurlemoen!
Met Tiaan Kelderman, Ben Pienaar en Chris Chameleon
Regisseur: Vickus Strijdom


In die jeugroman Suurlemoen! het Jaco Jacobs oortuigende tienerkarakters geskep en ’n koel storie vertel waarmee leerlinge kon identifiseer. Die rolprent slaag egter nie daarin om die roman los van die bladsye te maak nie.

“Suurlemoen” is die naam van ’n band en Jacobs het dit op vernuftige wyse gebruik as metafoor vir vier adolessente wat die lewe uitpluis.

Sy styl is byderwets en ondersoekend.

Die rolprent kry dit nie reg om daardie drif en vreugde visueel oor te dra nie.

Hoewel jonges gek mag wees daaroor, probeer dié resensent kyk na wat werk en hoe die rolprent in die Afrikaanse bedryf inpas.

Hoewel tegnies professioneel, verken dit nie altyd die innerlike landskap van die karakters met warmte of plesierigheid nie. Die styl is te klinies en die dialoog net te presies – soos in 'n episode van ’n TV-sepie – om jong gemoedere te laat brand. Dit kort woema, ’n spontane loslit-straatwys styl, natuurlikheid en 'n uitgelate, ongebonde vreugde. Baie tonele is net te futloos om natuurlik oor te kom.

Daardie ongekende vreugde van jonk en warm wees, kom boonop nie in die akteurs se spel of in die regie oor nie. Alles lyk te formeel en koud, en slegs 'n bietjie visuele lipstiek bly oor.

Byvoorbeeld: In die roman is die “nota-aan-self”-tegniek as 'n insiggewende graffiti van die siel gebruik waarin die protagonis sy vrese, versugtinge en drome verwoord. In die rolprent staan dit soos 'n puisie uit en vloei dit nie naatloos uit die gegewe nie. Dit lyk aangeplak.

'n Mens mis ook die adrenalien-gedrewe, natuurlike, los gesprekke, moderne kwinkslae en lekker gemoedelik praat wat goeie jeugflieks soos The Perks of Being a Wallflower en The Way Way Back kenmerk. Akteurs word doelbewus staties geregisseer en te min gegee om te doen (die rolprentterm is business) om hul karakters te openbaar of in te kleur.

Te veel woorde sê wat die spel of maniërismes moet ontbloot, soos die toneel waar Zane (’n knap Ben Pienaar) en Tiaa­n (Tiaan Kelderman) gesellig in die kamer kuier. Dit is te korrek en oorversigtig geregisseer om te oortuig dat twee skoolseuns onbevange soos lekker tjommies gesels.

Wat die meeste gepla het, is die onnatuurlike spel van Aimee-Anne Ritchie (as die heldin, Liezl) wat vir die kamera poseer en soos ? model glimlag, in plaas van natuurlik wees. Dit is beslis nie haar persoonlikheid wat die seuns so aantrek nie.

Die wonderlike Chris Chameleon sit koel energie in sy inspirerende onderwyser. Maar die leerlinge in sy klas word nie aangesteek deur sy besielende klasse nie. In plaas van vrolik meelewe, wieg hulle effens of glimlag selfbewus. Nie dat 'n mens Peter Weir se Dead Poets Society hiermee durf vergelyk nie, maar kyk net hoe daardie stywelip-seuns los raak en die lig gryp wat Mr Keating vir hulle aansteek. In Suurlemoen! kleur meneer Marx se lewegewende klasse nie die optrede van die leerlinge nie. Hul reaksie op sy klasse is kunsmatig.

Daar is tog tonele waar die rolprent los raak. Die twee radio-omroepers (Leslie van Wyk en die talentvolle Luan Jacobs) pluk die rolprent uit die grond. Dis veral Jacobs se eksentrieke, bebrilde en intelligente bleeksiel, die ywerige wyse waarop hy speel, die lewenslustige dinge wat hy doen en sy natuurlike, ongedwonge spraakpatroon wat werk. Die rolprent kon baat gevind het by hierdie soort lewendige, vulkaniese lewensvreugde en jonkheid. Maar hoekom so min van die twee sien?

Verder praat die ander akteurs in die algemeen te presies en klinies woord vir woord om die tienertaal te laat vloei of te laat klink na mense wat gewoonweg kommunikeer.

Dit is verblydend dat die kamera so vol drif gedurende die skaatsplank-tonele beweeg, maar daarna verloor dit daardie jeugdige temperament sodat 'n mens klinies na ’n futlose produk kyk – jy word nie deel van die drif nie. En die ekstra storielyne wat bykom, mag bewonderaars van die roman ook ’n bietjie pla.

Natuurlik moet elke tiener gaan kyk en jubelend en twietend uit die teater huppel. Maar Suurlemoen! is nog nie die Afrikaanse jeugfliek waarop die bedryf gewag het nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 460 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 487 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.4%
Rand - Pound
23.82
-0.5%
Rand - Euro
20.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
921.20
-1.0%
Palladium
1,027.50
+1.2%
Gold
2,328.22
+0.1%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE