Die foto’s en profiele van Orania se mense in Weekliks (6 April) het betrekking. Hanlie Retief se skynbare gebrek aan opregtheid en aanvoeling vir swaarkry word deur hierdie profielsketse uitgeskreeu. Ek woon nie in Orania nie en probeer om nie ander vir hulle lewens- keuses te oordeel nie. Maar hoeveel keer moet mens nog ’n Media24-koerant oopmaak en weer eens sien hoe ’n poging aangewend word om ’n sekere groep mense doelbewus as agterlik en onopgevoed uit te beeld.
Dit begin sommer op die voorblad met die jong seun en sy rottweiler: ’n verskuilde dreigement? Dan die subtiele vrae wat almal kastig vra – watter soort mense bly daar, is daar toegangshekke, is dit neo-apartheid? Ek is 46 jaar oud en het nog nooit iemand hierdie vrae hoor vra nie.
Op die keper beskou kon dié foto’s in Johannesburg, Pretoria of Kaapstad geneem gewees het.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.