Share

Kry tyd reg voor jy 'n krater van jou maak

Lees ek in Weekliks van 30 Maart Nathan Trantraal se “Kan jy iets anners as oppressor wies?” en onmiddellik daarna gryp iets, eintlik ’n klomp goed, my aan my gat.

Die taal waarin die artikel geskryf is, bestaan mos darem nou werklik nie.

Waarom moet Afrikaans verkrag en verguis word? Of is dit nie bedoel om Afrikaans te wees nie? En wat soek dit dán in ’n Afrikaanse koerant?

Dan is daar die rassistiese aanslag waar wit mense as karikature uitgemaak word.

Wat sal met my gebeur as ek skryf oor die onder-die-rok-geskel van gesuipte bruin mense? Maar Trantraal het vrypas om te beledig wie en wat hy wil. By geen van die honderde wit mense by wie ek al gekuier het, het ons ons skoene uitgetrek en op die vloer gesit nie.

Ook nie met ons voete op die restaurant of koffiekroeg se tafel nie. Trantraal maak asof dit algemeen is.

My laaste punt: Wit “onderdrukking” kan onmoontlik nie 400 jaar (1614) oud wees nie. Toe was daar nog nie wit mense in Suid-Afrika nie, Trantraal. 300 jaar gelede was kontak tussen wit en anderskleuriges te min vir enige wit mens om as onderdrukker gebrandmerk te word. 200 jaar gelede was daar probleme op die Oos-Kaapse grens en dié tyd kan eerder gesien word as onderdrukking van die wit mense. Daarom het die Groot Trek plaasgevind.

Selfs 100 jaar gelede (1914) was die Britsgesinde Suid-Afrikaanse Party van Louis Botha en Jan Smuts aan bewind.

Hulle het alles in hul vermoë gedoen om die Britte tevrede te hou. Dus, Trantraal, en al die politici wat so geredelik die rassekaart van onderdrukking wil voorhou: kry jou datums reg voordat jy ’n gat van jouself maak.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 463 votes
No! It's time to move on ...
36% - 261 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE