Insake die artikel “Krisis van hul laaste blyplek” (13 April). Ek is nou na aan 76 en woon alleen in my eie huis – 700 km van my enigste seun.
Ons het ’n ooreenkoms: Wanneer hy sien dat ek nie meer veilig alleen kan woon nie, moet hy die besluit neem oor my verblyf en verdere welsyn.
Ek weet dat daar dalk konflik kan ontstaan omdat my kop sê ek kan, terwyl hy dink ek kan nié.
Dan moet hy ferm staan en ek moet berus. Die kerngedagte moet te alle tye my welsyn wees en nie sy gemak nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.