Share

Wenbrief: Vyandigheid is teen vorige bestel

Die brief “Afrikaans se oorleefdrang gevaarlik” (6 April) het betrekking.

Dis vir my tragies om te lees dat die beywering vir die behoud van Afrikaans riskante gevolge mag inhou. Riskante gevolge van watter aard?

Ek hoop nie vervreemding van die ANC word as riskant gesien nie, daar dat die ANC van elke onderduimse truuk gebruik maak om Afrikaans en
tesame daarmee die praters daarvan by te kom.

As basis spring die briefskrywer weg deur te sê: In die evolusionêre proses baklei alle lewende organismes instinktief om oorlewing en dis gevaarlik.

Instink om te oorlewe en aan te pas, is onwillekeurig en kan dus nie gevaarlik wees nie, want voorbestaan is daarvan afhanklik. As Afrikaner wil ek ook, soos die Jode, uitnemendheid nastreef, maar as my taal en my tradisies verdwyn, verdwyn my Afrikanerskap en wat word dan van die basis vanwaar ek hierdie uitnemendheid wil propageer?

My beywering vir my taal se voortbestaan is nie gevaarlik nie, dis bloot ’n element van my kultuur wat ek vir nageslagte wil bewaar sodat my geskiedenis nie verlore gaan nie.

Die geskiedenis is van deurslaggewende belang; vir die Jode om te verseker dat niemand weer gaan probeer om hulle van die aardbol weg te vat nie, vir die Afrikaner om te wys op die euwels wat koloniale moondhede op die mensdom losgelaat het en ook as rigtingwyser om hom te herinner dat hy hom nie as verhewe bo ander geskapenes mag beskou nie. Ons lees ook in die brief dat enige Afrikaanse universiteit skakerings van ons/julle skep wat verdere vyandigheid mag meebring? Afrikaans het egter volgens my niks met verdere vyandigheid te doen nie, die vyandigheid (en dit bestaan reeds ) is teen die mense van die vorige politieke bestel.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1027 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1090 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE