Share

'Verhuur eerder dan dié plase'

Daar moet oorweeg word om plase wat aan die oorspronklike eienaars gegee word, eerder te verhuur aan kundiges wat sal verseker dat die nuwe eienaars ’n inkomste verdien.

So sê prof. Mohammad Karaan, lid van die Nasionale Beplanningskommissie en vise-rektor van die Universiteit  Stellenbosch. Hy het kommentaar gelewer op die lot van Boomplaats, wat aan die Dinkwanyane-stam oorhandig is.

“Die proses om nuwe mense op te lei om net so suksesvol te boer duur jare... dalk geslagte. ’n Inkubator is nodig om nuwe boere te teel,” sê hy.

Hy sê plekke waar ’n ooreenkoms behou word met die vorige eienaar om die grond in produksie te hou, het ’n beter kans, soos in die geval van die maatskappy TSB, een van die grootste suikervervaardigers in Suid-Afrika. “TSB het baie grond afgestaan aan eise, maar boer vandag steeds op die grond namens die nuwe eienaars.”

Prof. Johan Willemse, ’n landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), meen die nuwe grondeienaars se ware behoeftes moet eers bepaal word voordat die grond oorhandig word.

“As beplan word om ’n boerdery of ’n onderneming te begin, moet mense titelaktes verkry. Maar dit gebeur nie met baie mense wie se grondregte herstel is nie. Hulle kan dus nie lenings aangaan om met enigiets te begin nie.

“Wat Boomplaats betref, moes daar duidelikheid gewees het wat hulle met die grond wou doen. Grond op sigself skep nie welvaart nie – dit moet gebruik word vir iets,” sê hy.

Senzeni Zokwana, nuwe minister van landbou, bosbou en visserye, sê Boomplaats se agteruitgang kan deels toegeskryf word aan ’n gebrek aan koördinering tussen sy departement en die departement van grondhervorming. Hy beplan voortaan groter samewerking.

“Sodra daar aanduidings is dat ’n plaas aan grondeisers oorhandig gaan word, moet amptenare soontoe gaan en ’n behoeftebepaling doen. Ons moet weet wat hulle benodig en wat ons rol is sodat die plaas nie produktiwiteit verloor nie.”

George Floyd, voorsitter van die TLU SA in die Mashishing-distrik, sê daar is grondeise teen omtrent die meeste landbougrond in Mpumalanga. “Boomplaats is nie die enigste plaas waar daar nie geboer word nie. Ek kan verskillende plase in die omgewing uitwys wat nou eintlik townships is.”

Annelize Crosby, regs- en beleidsadviseur van AgriSA, sê sy “dra nie persoonlik kennis van suksesvolle restitusie-plase nie”.

Om in ’n groep te boer, dra by tot mislukkings, sê sy.

Intussen word verwag dat nog 400 000 grondeise ingedien kan word in die ronde wat vandeesmaand geopen het.

Twee weke gelede is daar reeds 80 000 eise ingedien.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 876 votes
No! It's time to move on ...
33% - 431 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.54
+1.1%
Rand - Euro
20.18
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
925.70
+0.0%
Palladium
979.50
-1.1%
Gold
2,348.63
+0.7%
Silver
27.61
+0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,289
+1.2%
All Share
75,242
+1.2%
Resource 10
63,200
+1.7%
Industrial 25
103,578
+1.0%
Financial 15
15,986
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE