Share

2 paaie, en net 1 lei na heil...

Suid-Afrika is op ’n mespunt waar klein veranderinge in die politieke en ekonomiese omgewing dramatiese gevolge kan hê. In ’n nuwe boek identifiseer Frans Cronjé die sleutelbepalers wat die land se toekoms kan beïnvloed, en probeer aan die hand van vier scenario’s voorspel wat die toekoms vir ons inhou. Hier skets hy twee van die moontlike scenario’s.

Die Klipperige Pad

Dit is Mei 2024. ’n Korrupte en radikale swart nasionalistiese regime het pas ’n gewelddadige en omstrede verkiesing gewen en regeer met ’n ysterhand.

Burgerlike vryhede word weggekalwe.

Die ekonomie, geknou deur misplaaste staatsinmenging, is in resessie. Lewenstandaarde is geknou en is besig om af te neem.

Nywerhede is genasionaliseer en daar is beslag gelê op private eiendom. Diegene wat kan, het reeds die land verlaat.

Die wêreld treur oor Suid-Afrika, maar die meeste Suid-Afrikaners is te magteloos om van hul lot te ontsnap.

Geïrriteerd met verkiesingsterugslae het die ANC saamgespan met radikale linksgesindes om demokratiese instellings te verwoes as deel van ’n strategie om te regeer deur verordening.

Grondwetlike beginsels is weggekalwe of word bloot geïgnoreer. Daar word op regters geleun totdat hulle die wil van die staat uitvoer.

Koerante is toegemaak en prominente joernaliste is in die tronk gestop. Menseregteaktiviste word lastig geval en geterroriseer deur staatsagente. Die opposisie veg ’n vrugtelose stryd om demokrasie te hervestig.

In lyn met die politieke verdrukking het die ekonomie onherstelbare skade opgedoen terwyl beleidmakers probeer om roekelose populistiese idees in werking te stel.

Eiendomsreg is min werd en baie private grond, asook baie sakeondernemings, is onteien.

Prysbeheer het wegholinflasie gebring en die rand het baie van sy waarde verloor. Die ekonomie is reeds ’n paar jaar lank in resessie.

Die ekonomiese verval het ’n sosiale krisis tot gevolg gehad. Lewenstandaarde het die eerste keer sedert 1994 gedaal. Werkloosheid het elke jaar die afgelope dekade groter geword.

Inflasie het die waarde van welsynstoelae ondermyn. Voedselproduksie het beduidend teruggesak op die rug van die onteiening van kommersiële landbougrond.

Hospitale sit sonder geld, basiese toerusting en medikasie. Skole is in ’n toestand van verval en die meeste regeringsdienste is besig om te verswak.

Suid-Afrika verteenwoordig nou die slegste argetipiese Afrika-scenario van ’n roekelose en onbekwame nasionalistiese regime wat demokrasie ondermyn om hul greep op mag te behou en die ekonomie in die proses verwoes.

Dit lyk of daar geen hoop op herstel is nie en Suid-Afrikaners is geskok met die spoed waarop die politieke en ekonomiese katastrofe hulle getref het.

Op weg na dié “Klipperige Pad” is daar ’n paar padtekens waarvoor ’n mens oor die volgende dekade op die uitkyk moet wees:

* Die ANC weier om ’n ekonomie wat neerslagtig bly te hervorm, en dit beweeg uiteindelik in ’n resessie in.

* Die SAKP en sommige Cosatu-leiers kry ’n groter vastrapplek in die ANC en begin om beleid te domineer.

* Die ANC ontwikkel ’n nare soort rasse-nasionalisme en beskryf sy kritici gereeld as “vyande van die staat” en as “teenrevolusionêr”.

* Die ANC stel maatreëls voor om die vryheid van die media en burgerlike sameling en die onafhanklikheid van die regbank aan bande te lê.

* Die staat stel wette voor wat hulle in staat stel om beslag te lê op private eiendom.

* Die staat begin om vuilspel te gebruik om opposisiepartye te ondermyn en verkiesingsuitslae te manipuleer.

* Die begrotingstekort bly beduidend hoër as die ekonomiese groeikoers.

* Die handelstekort is baie groter as dié in vergelykbare ontluikende markte.

* Sekere prominente maatskappye onttrek aan Suid-Afrika.

* Die verhouding tussen mense op welsynstoelae teenoor dié met werk neem aanhoudend toe.

* Water- en elektrisiteitsdienste word gereeld onderbreek.

* Die regering blameer beleggers, sakemense en entrepreneurs vir die probleme en baie lede van die publiek begin dié standpunt ondersteun.

* Strenger SEB- en gelyke-indiensneming-maatreëls en arbeidsregulasies word voorgestel.

* Nuwe staatsbeheerde maatskappye maak hul verskyning wat met die private sektor probeer meeding.

* Die georganiseerde sakesektor doen min om private ondernemings te verdedig.

Die Breë Weg

Dit is Mei 2024. Die ANC het pas nog ’n verkiesing gewen met ’n gemaklike meerderheid.

Suid-Afrika is ’n vrye en ope samelewing. Die ekonomie groei vinnig en die burgers is welvarend en gelukkig.

Dit is ’n dramatiese ommekeer van slegs tien jaar gelede toe die regering versleg het, die ekonomie agteruitgegaan het en nuwe radikale politieke bewegings gedreig het om die land te destabiliseer terwyl ál meer ontleders en waarnemers ernstig gewaarsku het oor die toekoms.

Die gevoel dat die ANC besig is om sy greep op die land te verloor het begin momentum opbou tydens die 2014-verkiesing toe die party se aandeel aan stemme vir die derde agtereenvolgende verkiesing gedaal het.

Dit was hierdie teleurstellende verkiesingsuitslag wat ’n groep van hervormingsgesinde ANC-leiers aangespoor het om die party se verval te stuit.

In 2024 is die party meer verenig en toekomsgerig en kan ’n doeltreffender regering vorm. Die ANC het die sosialistiese en herverdelingsbeleid gestaak wat eens gedreig het om die ekonomie te verwurg.

Die regbank, die media en die burgerlike samelewing is sterk en onafhanklik. Die ekonomie groei teen meer as 5% per jaar en nuwe werk word geskep wat nuwe werksoekers absorbeer en die werkloosheidagterstand uitwis.

Ekonomiese hervormings, wat wissel van die deregulasie van die arbeidsmark tot die afskaal van indiensnemingsgelykheid en SEB, het plaaslike en buitelandse investering gestimuleer.

Die spaarkoers het beduidend toegeneem en buitelandse en binnelandse vasgestelde beleggingskoerse is nou dieselfde as in die voorste ontluikende lande.

Inkomstevlakke het toegeneem en dit het die lewenstandaard van die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners verbeter.

Die belangrikste van alles is dat hierdie verbeterings net soveel die resultaat is van ekonomiese groei, werkskepping, onderwys en entrepreneurskap as van welsyn en herverdeling.

Populêre protes is iets van die verlede en meningsopnames wys dat Suid-Afrikaners optimisties is oor die toekoms.

Op pad na die “Breë Weg” is daar ook ’n paar wegwysers waarvoor ’n mens oor die volgende dekade op die uitkyk kan wees:

* Kort ná die 2014-verkiesing kom ’n hervormingsgroep in die ANC na vore wat die dominante konsensus van herverdeling uitdaag.

* Hierdie beweging isoleer die vakbonde, wat hulle meer ruimte gee om nuwe ekonomiese beleid te maak.

* ’n Linksgesinde “werkersbeweging” bou stoom op om die ANC teen te staan.

* Die ANC hou op om die media, die burgerlike samelewing en die regbank te dreig.

* Mense met misdaadrekords of wat strafregtelik aangekla is, word uit leierskapposisies verwyder.

* Eiendomsreg word vasgelê en beskerm.

* Die ekonomie groei teen 5% of meer per jaar.

* Beleggings styg tot die vlakke van ander Brics-lande.

* Entrepreneursvlakke styg dramaties.

* Die belastingbasis verbreed beduidend.

* Werkloosheid begin daal en is op pad om 15% te haal teen 2024 (van 25% op die oomblik).

* Die getal kinders wat matriek deurkom met ’n slaagsyfer van minstens 50% lyk of dit kan verdubbel teen 2024.

* ’n Nuwe vlaag van mense met tegniese vaardighede – van IT tot sweiswerk – betree die arbeidsmark.

* Die inflasiekoers bly in die teikengebied van tussen 3% en 6%.

* Kort ná 2014 word stappe geneem om die arbeidsmark te dereguleer.

* SEB en teikens vir gelyke indiensneming word afgewater en sommige bepalings heeltemal geskrap.

* Daar is nie meer sprake van nasionalisasie of die onteiening van private eiendom en plaasgrond nie.

* Staatsinstellings soos Eskom en die SAL word verkoop.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 194 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 294 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
899.20
+0.3%
Palladium
999.25
-0.3%
Gold
2,213.81
+0.9%
Silver
24.60
-0.2%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,080
+0.6%
All Share
74,278
+0.5%
Resource 10
56,967
+2.4%
Industrial 25
103,572
+0.3%
Financial 15
16,456
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE